Oudtshoorn Courant

Jong speler ontvang steun van Sport Buddy

- WYNDHAM EWERTS

Die talentvoll­e jong plaaslike gholfspele­r, Sergio Arries (Garcie) het onlangs

R2 000 van die nie-winsgewend­e organisasi­e, Sport Buddy, ontvang. Sport Buddy is vyf maande gelede op die been gebring om alle belowende sportleerd­ers in die Oudtshoorn-omgewing finansieel of op enige ander manier te ondersteun.

Sergio het aan die Oudtshoorn Courant vertel dat hy op 4-jarige ouderdom vir die eerste keer saam met sy pa, Jakobus Arries, gholf begin speel het en op die oop stuk veld agter Aurial Kollege gereeld balle afgeslaan het. So tussendeur sy gholfspele­ry het hy ook rugby en krieket vir Sacred Heart Primêr gespeel.

Volgens Sergio het hy op 12 vir die eerste keer gholf ernstig begin opneem. Hy het dieselfde jaar 'n geborgde gholfdag by die Oudtshoorn-gholfdag gewen. In 2019 was hy ook seëvierend by twee sulke gholfdae. Hy sê dat alhoewel daar nog baie skaafwerk aan sekere aspekte van sy spel is, is hy dankbaar vir die afrigting wat hy by sy pa Jakobus en hul huisvriend, Louis Stander kry. Sy pa verduideli­k dat sy seun se kortspel sy sterkpunte is.

"Soos Garcie groter raak sal hy natuurlik die bal verder ook begin dryf. Oor daardie aspek van sy spel worry ek nie juis nie.

‘It's not how you drive, it's how you arrive.’ Hierdie klong van my het die wêreld se potensiaal en ek is Sport

Buddy ewig dankbaar dat hulle sy talent raakgesien het en in hom belê het. Die publiek kan weet dat hy nog eendag groot naam op die gholfbaan gaan maak.

Sergio is na die Spaanse gholfsuper­ster, Sergio Garcia vernoem, vandaar ook sy bynaam Garcie. Tot dusver doen hy beslis sy naam gestand," sê Jakobus trots.

Sergio se voorgee is tans 12 terwyl sy beste ooit, 'n 9 was. In gholfterme bepaal jou voorgee hoe konstant jou algehele spel op die baan is. Hoe laer jou syfer, hoe beter word jy as gholfspele­r gereken.

Om 'n profession­ele gholfspele­r te word moet jou voorgee 'n 5 beter as baansyfer wees. Volgens Sergio is sy doelwit om eendag 'n beroepspel­er te word. Indien dit nie realiseer nie sou hy graag enige beroep in gholf soos 'n baanbestuu­rder wou wees.

Sport Buddy het voor die landswye sirkulerin­g van die koronaviru­s reeds twee fondsinsam­elings begin en tot dusvêr R14 000 aan behoeftige plaaslike sportsterr­e geskenk.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Hooffoto: Sergio Arries in aksie. Regs inlas: Van links is Ilca Ewerts (Sport Buddy), Wyndham Ewerts (stigtersli­d van Sport Buddy), Paul Stroebel (kaptein Oudtshoorn-gholfklub), Sergio Arries, Sue-Lanya (Sport Buddy), Byron MIchaels (Sport Buddy). Danielle Hufke (Sport Buddy) is afwesig.
Foto’s: Wyndham Ewerts Hooffoto: Sergio Arries in aksie. Regs inlas: Van links is Ilca Ewerts (Sport Buddy), Wyndham Ewerts (stigtersli­d van Sport Buddy), Paul Stroebel (kaptein Oudtshoorn-gholfklub), Sergio Arries, Sue-Lanya (Sport Buddy), Byron MIchaels (Sport Buddy). Danielle Hufke (Sport Buddy) is afwesig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa