Oudtshoorn Courant

Swanepoel-swerm vlieg steeds hoog

-

Vir ‘n gesin só vry van gees, het die Swanepoels van Mosselbaai die uitdagings van die grendeltyd­perk tot dusver met vlieënde vaandels geslaag.

Een van die sigbaarste monumente hiervan is die reuseswael­tjies wat op die gesin se garagedeur­e pryk.

Volgens die hartklop van dié kreatiewe klomp, ma Liani, ‘n skilder, het hulle besluit om tydens inperking, alles binne hulle huis kreatief aan te pak. "Ons verf als wat ons kan. Ou skateboard­s, surfboards, mure, relings en ons garagedeur­e."

Die oogmerk is juis om die gesin met rede buite die huis te kry.

Saamdoendi­nge

Hulle het swaeltjies gekies omdat dié altyd saambeweeg, nes hulle gesin. Die simboliek? As hulle saam is, is hulle die sterkste. "Ons moet ook so vry vlieg soos ons kan."

Hulle het stuk-stuk saam aan die garage gewerk. "Veral as die skottelgoe­d te veel raak. En genade, ‘n gesin van vyf maak bitter baie skottelgoe­d," sê Liani.

Die Swanepoels se verwery het gou aandag getrek. Daar is versoeke van so ver as Namibië van mense wat nou ook geverfde garagedeur­e soek.

Alles is egter nie net maanskyn en rose nie. "Ons het ‘n muur in ons huis waar elkeen wanneer hulle so voel iets op kan skryf of teken."

Haar man Kobus en seun Indi, leef vir branders ry en Indi se tweelingsu­ssie, Liya se netbaldrom­e het skipbreuk gely, maar sy gooi 400 doele elke dag. "Ons het al 'n venster ook verloor," lag Liani.

Swanepoel-swerm

Die gesin oefen saam. Veral pa en kinders. Ma speel kameravrou en verf. Ousus Kiera verf saam en doen aanlynkurs­usse.

Wat haar kuns betref, is Liani se nuwe neiging blomme. Sy verf blomme vir haar oumas, haar ma, vir vroue. "Ek wil sagtheid en nuwe lewe in mense se lewens bring. Ons elkeen blom anders en is beautiful. Ons kan groei op plekke waar daar niks anders kan nie."

Met haar man wat eers in fase 2 sal kan begin werk, is dit haar beurt om die gesin te dra. "Wat alles so moeilik maak is dat daar nie 'n plan is vir dié ding nie. Vir nou vertrou ons, lag ons, mors ons, wees lief vir en tel mekaar maar op. En wie weet, een van die dae speel ons weer netbal, surf ons weer, werk ons weer. Solank ons saamvlieg in ons

Swanepoel-swerm."

Saluut vir kunstenaar­s

Sy vertel van kunstenaar­s wat by gebreke aan ander materiale, selfs met naellak, grimering en steenkool kuns skep. "They just keep on creating. Kunstenaar­s word nêrens genoem in die hele lockdown nie, nie op enige vlak nie. Maar ons hou in stilte aan mooigoed maak. Viva aan elke kunstenaar."

Die Swanepoels gaan nou hulle kuns op maskers druk en dit verkoop om geld in te samel vir hulle werkers.

 ??  ?? Die Swanepoels voor inperking is van links: Liya, Liani, Kobus, Kiera en Indi. INLAS: Die eetkamer is in ma Liani se werkswinke­l omskep.
Die Swanepoels voor inperking is van links: Liya, Liani, Kobus, Kiera en Indi. INLAS: Die eetkamer is in ma Liani se werkswinke­l omskep.
 ??  ?? Sien ‘n video en meer foto’s by
Die eens geroeste garagedeur is nou twee pragskilde­rye.
Sien ‘n video en meer foto’s by Die eens geroeste garagedeur is nou twee pragskilde­rye.
 ??  ?? Ousus Kiera se skildery met die tema, Joy.
Ousus Kiera se skildery met die tema, Joy.
 ??  ?? Eerste dag uit na vlak 4 aangekondi­g is.
Eerste dag uit na vlak 4 aangekondi­g is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa