Oudtshoorn Courant

Lag ‘n slag

-

Kyk, inperking is nie vir sissies nie. In tye soos dié, wanneer die huiswerk nie wil ophou nie, te veel mense gelyktydig op die netwerk is, en tannies op WhatsApp jou bombardeer met sameswerin­gsteorieë oor Covid-19, is dit belangrik om ’n sin vir humor te hê.

Vra net vir kunstenaar Kobus Galloway, wat met sy pittige illustrasi­es Idees Vol Vrees gereeld Suid-Afrikaners aan die lag het. Hierdie illustrasi­es beeld gewoonlik woordspeli­ng uit, met gunsteling­e soos moerkoffie (twee bekers wat, wel...), "Custard" Semenya, en "Peer" Spies. Verlede week was dit GraaffRein­et se beurt om te lag, toe Galloway hierdie Karoodorp in sy dorp-reeks illustreer met ’n, jy’t reg geraai, graaf wat net ry. "Graaff-Reinet was net so lekker woord om mee te speel," deel te kunstenaar, wat ook dorpe soos Gansbaai en Brakpan so verteenwoo­rdig het. Galloway motiveer lesers om kreatief tydens inperking te bly, al is dit soms moeilik om gemotiveer­d te bly. "Hoe meer ’n mens iets doen, hoe beter sal jy raak. Ek wil self weer bietjie die kwaste afstof en weer begin verf. Wie weet? Dalk verf ek iets in of rondom Graaff-Reinet." Wanneer Galloway nie illustreer nie, werk hy aan sy agtste boek, Daar’s ’n Warmbrak in my Woefkardoe­s, wat handel oor Afrikaans en woordspeli­ng. "Daarin sal ek kinders, sowel as die ouer geslag, meer leer oor ons mooi taal."

Hy het ook onlangs geskryf aan ’n TV-reeks vir ’n Afrikaanse kanaal, maar kan nie te veel hieroor verklap nie.

Lesers kan meer van Galloway se illustrasi­es sien op sosiale media platfroms by @ ideevolvre­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa