Oudtshoorn Courant

Oorleef só op R350 ’n maand

- Liezl van Niekerk

Kan 'n mens 'n gesin voed op R350 'n maand?

Dit is die vraag wat duisende SuidAfrika­ners gevra het sedert die regering besluit het om R350 'n maand aan burgers te gee wat tydens die grendeltyd geen inkomste kan verdien nie, bo 18 jaar oud is, werkloos is en geen ander maatskapli­ke toelaag of beurs kry nie.

Die Oudtshoorn Courant het die week by Henrico Kumutu, bestuurder van Meals on Wheels se Oudtshoorn-tak, gaan aanklop om uit te vind of 'n gesin wel op R350 'n maand gevoed kan word.

Eden Meals on Wheelsgeme­enskapsdie­nste spesialise­er daarin om alternatie­we voorbereid­ing van voedsel te bevorder. "In 'n tyd soos hierdie word ons genoodsaak om die gemeenskap in te lig hoe hul verder kan kom met 'n voedselpak sonder vleis. Huishoudin­gs moet dus nou geleer word hoe 'n voedselpak met droë bestanddel­e soos erte, bone, lensies, sopmengsel, ensovoorts aangewend kan word om 'n gebalansee­rde maaltyd voor te berei."

Die voedselpak

Volgens hom is proteïene, koolhidrat­e en vette essensiële boustene om die liggaam aan die gang te hou, in 'n tyd soos nou.

"Die vraag is hoe gemaak as jou omstandigh­ede so drasties verander soos ons tans in Suid-Afrika bevind?"

Gestel 'n huishoudin­g ontvang 'n voedselpak met die volgende inhoud: 10 kg meel, 10 kg aartappels, 2 kg rys, 2,5 kg mieliemeel, 400 g Pilchards in tamatiesou­s, 300 g boeliebeef, 500 g sout, 500 g macaroni, 200 g soja-maalvleis, 2 x 10 g kitsgis, 500 g sopmengsel, 500 g bone, 500 g erte, 500 g lensies, 1 kg samp, 400 g grondboont­jiebotter en 100 g seep. Volgens Kumutu is die waarde van so 'n voedselpak ongeveer R350.

"Meeste mense leer egter kook met kos wat vleis in het en indien die kok van die huis nie daaraan gewoond is nie kan dit idees vir 'n spyskaart moeilik maak."

Koswaarde in die voedselpak

"Brood is in baie huishoudin­gs stapelvoed­sel en daarom moet gepoog word dat 10 kg meel in ’n voedselpak gesit word. Naaste aan die brood is aartappels en daarom sal 10 kg die gesin baie ver bring. Die stapel koolhidrat­e meel, aartappels, macaroni, mieliemeel, rys en samp kan as dit afgewissel word, 'n gesin van 4 tot 30 dae dra," sê Kumutu.

Die proteïene in die voedselpak is dan bone, erte, lensies, soya mince, beef en pilchards. Kumutu sê, as hierdie protein produkte oordeelkun­dig aangewend word saam met die koolhidrat­e kan die gesin “1000 myl” verder gaan. Proteïen kossoorte in die voedselpak kan vervang word met eiers, vis of hoender.

Spyskaart idees

Ontbyt: Mieliepap, gekookte eier of varsgebakt­e brood met grondboont­jiebotter.

Middagete: Rys, vissmoor, groente, sop, samp of boontjiesm­oor.

Aandete: Oondbroodj­ies, lensiebred­ie, brijani of macaroni.

Kumutu sê die opsies met die spyskaart is legio, solank die liggaam die basiese boustene inkry kan die liggaam baie lank in stand gehou word.

Brood is in baie huishoudin­gs stapelvoed­sel en daarom moet gepoog word dat 10 kg meel in ’n voedselpak gesit word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa