Oudtshoorn Courant

Derde boek uit skrywer se pen

- Liezl van Niekerk

Die Oudtshoorn­iet, Marné Kleinhans, het in minder as sewe maande aan drie boeke gewerk waarvan een haar eie is.

The True Meaning of Giving is einde verlede jaar in Amerika uitgegee en Kleinhans was die enigste Suid-Afrikaner wat saam met nege Amerikaans­e skrywers gehelp het om aan die boek te skryf. Vanjaar was sy ook medeskrywe­r van Oudtshoorn ReWOLusie wat onlangs op die rakke verskyn het.

Haar nuutste boek, en ook haar debuut as soloskrywe­r, And so He whispered his message in the stars, word dié maand bekend gestel.

As ouer van 'n kind met spesiale behoeftes weet Kleinhans presies watter emosionele wipplank hierdie ouertaak is.

Haar deursettin­gsvermoë en haar eie emosionele stryd as 'n ouer van 'n kind met outisme het haar gedryf om 'n boek te skryf om ander ouers wat ook sukkel, te motiveer.

"Die idee van die boek is om hoop en motivering te gee aan enigiemand wat op enige wyse deur 'n persoon of kind met spesiale behoeftes beïnvloed word. As jy nie deur 'n persoon met spesiale behoeftes beïnvloed word nie, kan die boek jou dalk help om diegene wat wel doen beter te verstaan." Kleinhans het 'n paar jaar gelede begin skryf. Met behulp van Brain Child Fund, 'n Amerikaans­e nie-winsgewend­e organisasi­e wat ondersteun­ing aan ouers met gestremde kinders bied, het sy 'n blog, Raising my autistic farmer, oor haar outistiese seun, Nickholis, begin skryf. Sy sê die doel van die boek is dat ouers wat moeg en gedaan is vir ’n minuut of twee met die boek kan gaan sit en hoop daaruit put.

"As ouer van 'n kind met spesiale behoeftes sou ek graag so 'n boekie wou gehad het om my van tyd tot tyd te bemoedig. Soms kort mens net 'n woordjie van bemoedigin­g." Sy raak aspekte aan soos hoe dit vir 'n ouer voel wanneer jou kind met 'n spesiale behoefte gediagnose­er word en hoe maak 'n ouer wanneer jy heeltemal moedeloos is en nie dadelik die groter prentjie kan sien nie. Kleinhans sê dit gaan definitief nie haar laaste boek wees nie.

"'n Vriendin het nou die dag gesê skryf is vir my soos asemhaal. So daar kom nog baie boeke, ek moet mos asemhaal."

And so He whispered his message in the stars sal later die maand in boekwinkel­s beskikbaar wees. Die boek is ook in e-boek vorm beskikbaar en sy is van plan om hom wêreldwyd te bemark. Om intussen 'n boek te bestel stuur 'n WhatsApp na 076 401

 ??  ?? Marné Kleinhans
Marné Kleinhans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa