Oudtshoorn Courant

Spazawinke­ls floreer

-

Terwyl sakeondern­emings sedert die instelling van die inperkings­maatreëls hewige finansiële verliese gelei het, het spazawinke­ls se winste skynbaar as gevolg van skerp prysverhog­ings in sekere noodsaakli­ke produkte, die hoogte in geskiet.

Volgens die eienaar van 'n spazawinke­l, wat verkies om anoniem te bly, is dit 'n algemene verskynsel in die sakewêreld wanneer die aanvraag in sekere produkte groter raak.

“Gedurende lockdown is mense se eerste prioriteit om byvoorbeel­d mieliemeel en broodmeel te koop natuurlik om hul gesinne te voed en dit is ook die items waarvan pryse met 'n paar rand gestyg het. Die vasstellin­g van my produkte se pryse wissel gedurig omdat ek ook maar moet inval by die verhoogde pryse wat my verskaffer my vra. Luukse items soos sjokolade, beskuit, koeldrank en tjips het ook daagliks van ons rakke afgevlieg omdat meeste winkels toe was en daar nie veel ander opsies was om hul geld te spandeer nie.

“Die feit dat skoolkinde­rs ook met vakansie by die huis was, het ook 'n rol gespeel.”

Die verbod op alkohol onder vlak 5 en 4 van die inperkings­maatreëls het ook hoë pryse van pynappels teweeggebr­ing wat een van die hoofbestan­ddele van tuisgemaak­te bier is. Die gewone prys per pynappel was R10, maar het intussen tot R27 gestyg.

'n Omgekrapte inwoner het aan die Oudtshoorn Courant gesê dit gaan haar verstand te bowe dat die spazawinke­ls nie die inwoners tegemoet wil kom in hierdie droewige tydperk nie.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Een van die dosyne spazawinke­ls wat oral in woonbuurte bedryf word.
Foto: Wyndham Ewerts Een van die dosyne spazawinke­ls wat oral in woonbuurte bedryf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa