Oudtshoorn Courant

Nog ’n voertuig bars deur aftreeoord se heining

- Wyndham Ewerts

In net minder as 'n jaar is nog 'n voertuig deur die palissadeh­eining van Helen Bellinganh­of aftreeoord vir ouer persone in Condorstra­at. Die botsing het Saterdagmi­ddag omstreeks 13:00 plaasgevin­d toe 'n blou Volkswagen Polo die pad byster geraak het en deur die heining gebars het. Volgens omstanders het die motor met St. Saviourstr­aat uit die rigting van die gholfbaan gery. Die bestuurder wou regs in Condostraa­t indraai, maar het skynbaar te vinnig gery en beheer verloor waarna die motor die heining getref het. Hy was alleen in die motor en is op die toneel vir 'n armbeserin­g behandel waarna hy per ambulans hospitaal toe geneem is. Sover vasgestel kon word, was daar nie ander voertuie wat moontlik tot die botsing kon bydra nie. Die erg-beskadigde Polo is met kabels deur 'n insleepvoe­rtuig uit die tuin gesleep.

Hierdie botsing volg byna presies 'n jaar na 'n vorige botsing op dieselfde plek. Sondagogge­nd 12 Mei 2019 het twee voertuie omstreeks 02:30 op dieselfde plek deur die heining gebars. 'n Nissan Micra, ook 'n bloue, en 'n Nissan bakkie was by die kruising in 'n botsing betrokke waarna die Micra min of meer op dieselfde plek as die Polo, op sy dak te lande gekom het. Die Nissan-bakkie het ook 'n deel van die palissade en 'n betonpilaa­r verwoes en aan die brand geslaan. Die bestuurder van die Micra en sy passasier is beseer, maar die twee insittende­s van die bakkie het die toneel verlaat voordat die polisie opgedaag het.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Die beskadigde heining by Helen Bellinganh­of. Foto:
Liezl van Niekerk. INLAS: Die beskadigde voertuig in die perseel van die aftree-oord.
Foto: Wyndham Ewerts Die beskadigde heining by Helen Bellinganh­of. Foto: Liezl van Niekerk. INLAS: Die beskadigde voertuig in die perseel van die aftree-oord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa