Oudtshoorn Courant

Covid-19 knak taxi-eienaars

- Wyndham Ewerts

"Dit gaan op die oomblik maar broekskeur. Maar nou ja, 'n inkomste is 'n inkomste, so 'n ou kan ook nie ondankbaar wil wees nie."

Dit was die reaksie van een van die taxibestuu­rders by die Oudtshoorn­taxistaanp­lek op 'n vraag van die Oudtshoorn Courant oor hoe dié bedryf kop bo water hou met die nuwe maatreëls wat bepaal dat daar slegs 10 persone in 'n taxi mag wees wat 15 passasiers kan vervoer.

Die taxibestuu­rder, wat anoniem wil bly, het verder bygevoeg dat hy sedert dié aankondigi­ng persoonlik weggedoen het met sy guard om geld te bespaar. Tradisione­el sit die guard voor in die taxi om passasiers se geld te ontvang. Tans kos 'n rit na De Rust R25 en R20 na Dysselsdor­p.

"As dit nie vir die skerp daling in die brandstofp­rys die afgelope tyd was nie, sou dit nie die moeite werd gewees het om ons taxis in die oggende te start nie. En nee, daar is geen manier dat die ouens kanse vat en die taxi propvol maak nie. omdat die verkeersbe­amptes in elk geval elke rit by die taxistaanp­lek sowel as ons roetes klokslag kontroleer."

Hy sê om met 'n stewige boete gestraf te word sal 'n gevoelige slag vir enige taxi-eienaar wees. "Aan die ander kant besef ons dat die gemeenskap se veiligheid ons eerste prioriteit is deur seker te maak dat almal met die intrapslag gemasker is en ontsmet word," het hy gesê.

Om met ‘n stewige boete gestraf te word sal ‘n gevoelige slag vir enige taxi-eienaar wees.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Oudtshoorn se taxistaanp­lek is deesdae stiller as gewoonlik en is een van die areas in die middedorp wat gereeld deur owerhede ontsmet word.
Foto: Wyndham Ewerts Oudtshoorn se taxistaanp­lek is deesdae stiller as gewoonlik en is een van die areas in die middedorp wat gereeld deur owerhede ontsmet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa