Oudtshoorn Courant

Covid-19-sifting in Oudtshoorn

- HANNES VISSER

Die landwye siftings- en toetsingsi­nisiatief van die regering om Covid-19 te bekamp het verlede week ook in Oudtshoorn begin. Die proses behels dat gesondheid­swerkers huise in gemeenskap­pe besoek en deur middel van vrae bepaal of enigiemand simptome van Covid-19 het of risikogeva­lle is.

Dele van Bridgton, Dysselsdor­p en De Rust is verlede week besoek en die proses het hierdie week voortgegaa­n. Die munisipali­teit het 'n rooster verskaf van watter areas op watter dae besoek sal word. Maandag en Dinsdag het dele soos GG-Kamp, Bongolethu en nog areas in Dysselsdor­p en De Rust aan die beurt gekom. Die sifting duur tot Vrydag. Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, kommunikas­iebeampte van Oudtshoorn­munisipali­teit is van 11 tot 14 Mei 4 638 mense besoek en vyf is verwys vir toetsing.

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid in die Suid-Kaap, is 60 076 mense in die Tuinroete en Klein-Karoo teen Maandag 18 Mei aan sifting onderwerp waarvan 336 vir toetsing verwys is.

Die getal Covid-19-gevalle in die gebied was teen Maandag 99 waarvan vyf in Oudtshoorn en een in Ladismith is.

 ?? Foto verskaf ?? Gesondheid­swerkers tydens die siftingspr­oses in Oudtshoorn.
Foto verskaf Gesondheid­swerkers tydens die siftingspr­oses in Oudtshoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa