Oudtshoorn Courant

Veghond val vrou aan

- LIEZL VAN NIEKERK

Magda Davel, skutmeeste­r van die Oudtshoorn munisipale diereskut, is Dinsdag deur 'n Amerikaans­e veghond aangeval terwyl sy 'n klagte ondersoek het.

Volgens Davel het hulle 'n klagte ontvang van 'n veghondtee­f wat kleintjies gekry het. Sy en Colleen Smith, voorsitter van Oudtshoorn Dogs in Need, het die klagte saam ondersoek.

"Ons was voorheen daar, ook oor die teef wat kleintjies gekry het en nie reggemaak is nie, maar sy en 'n reun was toe nie aggressief nie. Sy was meer aggressief omdat sy onlangs kleintjies gehad het. Ons het tot by die voordeur geloop en aan die deur geklop, maar niemand was by die huis nie. Ons was op pad terug na die bakkie om die boek te haal om 'n nota te los toe die teef aankom. Sy het van die pad se kant af deur die palissadeh­eining op ons afgestorm."

Davel sê sy het dadelik geweet dat hulle in die moeilikhei­d is.

"Sy het eers 'n paar mock charges gedoen, maar ons kon nie verby haar kom nie. Ons was teen die muur van die huis vasgepen. Die reun, wat glad nie 'n byter is nie, het toe ook bygekom. Dit is asof hy haar aangepor het en toe gryp sy.

“Ek het haar geskop en getrap, want ek wou nie hê sy moes my arms en hande gryp nie."

Davel is in die proses vyf keer gebyt. "Sy het my bene goed beetgekry en daar is 'n lelike bytmerk op my maag, maar ek is okay. Dit kon erger gewees het."

Smith sê Davel het haar regtig beskerm.

"Ek was heeltyd agter Magda en sy het die hond van my af probeer weghou. Sy het haar die heeltyd geskop en later 'n stuk hout in die hande gekry waarmee sy haar van ons weggekry het."

Davel het Woensdagog­gend aan

Oudtshoorn Courant gesê dat sy weer terug is op haar pos by die skut.

"Die wonde is skoongemaa­k en ek het my klem-in-die-kaak-inspuiting gekry. Dit is seer, maar darem nie so erg nie."

 ?? Foto’s Facebook ?? Magda Davel se lyf nadat sy deur die Amerikaans­e veghond aangeval is.
Foto’s Facebook Magda Davel se lyf nadat sy deur die Amerikaans­e veghond aangeval is.
 ??  ?? Van die bytmerke op Madga Davel se lyf.
Van die bytmerke op Madga Davel se lyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa