Oudtshoorn Courant

Vuur verteer huis in oogwink

- HANNES VISSER

'n Brand wat Dinsdagmid­dag in 'n slaapkamer ontstaan het, het binne minute verskeie vertrekke van die huis verwoes.

Die brand by die huis van Conroy en Jodi Mulder in Jakarandal­aan, Wesbank, het Dinsdagmid­dag tussen 17:30 en 17:45 uitgebreek. Volgens Jodi was sy in die kombuis besig en Conroy was in die motorhuis. Hulle dogter het badwater getap en toe sy by die badkamer uitkom het sy gesien 'n bed in een van die slaapkamer­s is in vlamme.

Sy het alarm gemaak en terwyl sy haar pa gaan roep het, het haar ma probeer om die vlamme met 'n kombers te smoor.

"Dit het niks gehelp nie en toe Conroy by die kamer kom het hy gesê ons moet uit, die vuur is reeds te groot."

Conroy sê hy kan nie glo hoe vinnig die brandweer op die toneel was nie. “Ek dink nie dit was eens vyf minute nie toe stop die eerste voertuig hier.” Bure en omstanders het geskok gestaan en toekyk hoe die brand die voorste deel van die huis verteer en deur die dak bars.

Verskeie foto's en videos het onmiddelli­k op Facebook verskyn. Volgens een van die brandweerm­anne kon hulle die brand vinniger blus omdat dit deur die asbesdak was. "As dit 'n sinkdak was sou die dak die brand nog verder deur die huis versprei het." Volgens hom was een van hulle eerste take om gaskanne wat in een deel van die huis was te verwyder voordat die brand daarheen kon versprei.

Ten spyte van die vinnige optrede is die slaapkamer, gang, ingangspor­taal en 'n deel van die badkamer en kombuis in puin gelê. Die res van die huis het ook ernstige rookskade opgedoen.

Die geskokte Mulder-gesin is Woensdagog­gend deur vriende ondersteun toe hulle na die huis teruggekee­r het om die skade te aanskou. 'n Assessor sou gister om 11:00 die huis besoek om die skade te bereken, maar dit beloop waarskynli­k honderde duisende rande.

 ??  ?? Die huis in ligte laaie net voordat die eerste brandweerw­a op die toneel was. Foto’s verskaf
Die huis in ligte laaie net voordat die eerste brandweerw­a op die toneel was. Foto’s verskaf
 ??  ??
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die oorblyfsel­s van die slaapkamer waar die brand uitgebreek het.
Foto: Hannes Visser Die oorblyfsel­s van die slaapkamer waar die brand uitgebreek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa