Oudtshoorn Courant

Covid-19 tref ook polisie in Tuinroete

-

Die verspreidi­ng van die koronaviru­s, veral onder essensiële werkers, het die afgelope week ook hier aan die Tuinroete posgevat. In die Knysna/Plettenber­gbaaiarea het 'n polisieman positief getoets vir Covid-19 en moes die res van die lede op sy skof, selfisolee­r. In George het minstens vier munisipale verkeersbe­amptes, almal op dieselfde skof, ook positief getoets, terwyl verskeie ander personeel met wie hulle in kontak was vir 14 dae moet selfisolee­r. die uitslae gewag het. Die aanklagkan­toor is tydelik geskuif na die hofgebou langs die stasie terwyl hulle die area ontsmet het. Dienste het normaal voortgegaa­n. Die polisiesta­sie was nooit gesluit nie. Die nodige protokol is gevolg."

Knysna/Plett-lede selfisolee­r

Die kollegas van die lid van Plettenber­gbaai wat positief getoets het, is in hulle tweede week van selfisolas­ie. Die skof het gewerk by die Tsitsikamm­atolhek op die N2-snelweg. "Ook hier is lede waarmee die lid in kontak was gevra om vir 14 dae te selfisolee­r en die polisiesta­sie is ontsmet."

Pojie sê lede word daagliks blootgeste­l in die uitvoer van hul pligte. "Elke dag wanneer lede aanmeld vir diens en voor uitplasing, word hulle gesif [screen] en hulle temperatuu­r word gemeet. Alle persele en voertuie word gereeld ontsmet deur ons eie spanne. Ons wil graag die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit bedank wat ons ook hiermee bystaan."

Na patrollies vroeër die week in verskeie areas in George, asook elders in die streek, het die polisie weer 'n ernstige beroep op die publiek gedoen om tuis te bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa