Oudtshoorn Courant

Motors verkoop, maar nie sonder frustrasie

-

As deel van vlak 4 se inperkings­toegewings mag motorhande­laars transaksie­s beklink mits daar aan spesifieke voorwaarde­s voldoen word.

Volgens verskeie motorhande­laars met wie Oudtshoorn Courant gesels het, is die feit dat lisensieka­ntore en voertuigto­etsstasies nog nie oop is nie egter 'n groot struikelbl­ok.

'n Verkoopsma­n van gebruikte voertuie moet allerhande planne beraam. "In die eerste plek kan ek nie 'n kar padwaardig laat verklaar nie, want die toetsstasi­e is toe. In die tweede plek kan die koper nie die motor op sy naam registreer nie, want die lisensieka­ntore is toe en die eNatis-registrasi­estelsel is ontoegankl­ik."

Hy verduideli­k dat motors wat die afgelope 60 dae 'n padwaardig­heidstoets geslaag het, wel verkoop kan word, maar nie geregistre­er kan word nie. "Die beplanning maak vir my geen sin nie. Hoe kan 'n bedryf oopgestel word, maar 'n kardinale deel van daardie bedryf is nog gesluit?"

Finansieri­ng hangende

Volgens 'n handelaar van nuwe voertuie word die verkoop van voertuie geweldig beperk deur die regulasies. "Ek kan byvoorbeel­d 'n splinternu­we bakkie verkoop, maar sonder registrasi­e sal die bank nie die finansieri­ng afhandel nie. Ons word ook nie toegelaat om bybehore te voorsien nie. Ons kan dus nie die aankoop afhandel as die koper bybehore soos ’n rolstaaf, kappie en bosbreker wil laat aansit nie."

Voertuie verkoop tog

'n Ander handelaar stem saam dat die lisensieka­ntore wat gesluit is 'n frustrasie is, maar volgens hom het hulle die afgelope week reeds sewe nuwe voertuie verkoop. "Ons gesels maar met ons klante en verduideli­k dat hulle die voertuig kan koop, maar dat dit vir eers hier moet bly of by sy huis moet staan. Maar ons is oop vir besigheid. Sedert die begin van die inperking het ons in die omgewing van R3 miljoen se besigheid net by Oudtshoorn se tak verloor."

Streng toegangsma­atreëls word by handelaars toegepas om die aantal klante te beperk en verkoopte voertuie moet aan die klant gelewer word.

Maak reg vir Junie

Ntobeko Mangqwengq­we, kommunikas­iebeampte van die Oudtshoorn-munisipali­teit, sê die lisensiëri­ng van voertuie en alle verwante transaksie­s is 'n provinsial­e funksie wat deur munisipali­teite bestuur word.

Volgens 'n mediaverkl­aring deur die George-munisipali­teit het hulle ook reeds begin om hulle lisensieaf­deling vir heropening voor te berei deur die perseel te ontsmet en alle voorgeskre­we Covid-19-regulasies in plek te kry.

‘n Positiewe vooruitsig vir motorhande­laars is dat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, Dinsdag gesê het dat lisensieka­ntore, toetsstasi­es en bestuursko­le vanaf 1 Junie dienste kan lewer. Hy het gesê dat streng maatreëls ten opsigte van sosiale distansiër­ing en ontsmettin­g toegepas moet word. Meer inligting is beskikbaar by www.westerncap­e. gov.za/service/vehicle-registrati­on.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Voertuie mag verkoop word, maar lisensieka­ntore maak eers op 1 Junie oop.
Foto: Hannes Visser Voertuie mag verkoop word, maar lisensieka­ntore maak eers op 1 Junie oop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa