Oudtshoorn Courant

Restaurant­e beur moedig voort

- HANNES VISSER

Inperkings­maatreëls wat gedeelteli­k opgehef word, lyk op papier dalk goed, maar in die praktyk blyk dit nie so rooskleuri­g te wees nie. Dit is die geval met die verslappin­g van die reëls wat eetplekke nou toelaat om sake te doen, mits hulle die kos by die kliënt aflewer.

Volgens die eienaar van 'n groot gesinsrest­aurant op die dorp is sy enigste voordeel tans dat sy restaurant se naam ten minste weer aktief is. "Maar om kos af te lewer is nie restaurant­e se hooffunksi­e nie. Ons is nie soos wegneemete-plekke ingerig nie, veral nie vir aflewering­s nie. Om 'n hele ete af te lewer is heeltemal anders as om byvoorbeel­d 'n pakkie hoender of 'n pizza af te lewer."

Volgens hom sit hy met 'n reusekragr­ekening van meer as R30 000 vir die byna twee maande wat hy gesluit was. "Ek het twee yskaste gehad wat geloop het, die grootste deel van die rekening is die basiese kragheffin­g wat nie gestaak is terwyl ons gesluit was nie."

Behalwe vir die feit dat sy omset vir etes wat afgelewer word. skaars 20% van normale omset is, sit ongeveer 30 van sy werknemers ook by die huis. "Tans het ons twee kombuisper­soneel en 'n bestuurder, waar ons normaalweg meer as 30 werknemers het."

By ondernemin­gs wat wegneemete­s verkoop lyk die prentjie effens beter, maar daar is ook groot uitdagings. Die eienaar van een van die gewilde wegneemete­ondernemin­gs sê hulle grootste uitdaging is dat mense hulle onder bestelling­s toegooi tussen 17:00 en 18:00 en dan ongeduldig raak as die kos nie vinnig afgelewer word nie.

"Klante moet in gedagte hou dat ons volgens wetgewing slegs 30% van ons personeel mag gebruik en dat ons om 19:00 moet sluit, en dan kry ons 100 bestelling­s binne 'n uur."

Hy sê onder normale omstandigh­ede is hulle besigheid deur die dag versprei met ’n toename saans en hulle besigste tyd oor naweke. "Nou gaan daar deur die dag niks aan nie en soos Vrydagaand kry ons bestelling­s vir 400 items in minder as 'n uur, en ons kan dit eenvoudig nie bybring nie wat beteken dat ons omset baie laer is as onder normale omstandigh­ede. "Ons is geweldig dankbaar vir mense se ondersteun­ing, ons vra net dat hulle wegneemete­plekke moet help deur hulle bestelling­s te versprei en geduldig te wees."

Dan blyk dit ook dat die verkryging van meel sommige eetplekke nadelig beïnvloed. "Daar is 'n groot agterstand met die produksie van meel, wat beteken dat ons soms uit voorraad hardloop," het 'n sakeman gesê.

Nog 'n restaurant­eienaar wat al etlike jare haar restaurant bedryf sê sy is dankbaar dat hulle nou tot 'n mate kan sake doen. "Daar is baie uitdagings en die eerste week het ons gesukkel, maar nou het ons ons voete gevind en lewer elke dag tussen eenuur en tweeuur en weer tussen vyfuur en sesuur etes af." Sy sê die voordeel is dat sy nou weer kan begin om haar kostes te dek en vir vier mense weer werk kan gee. "Gelukkig verskaf ons reeds vir 'n lang tyd spysenieri­ng vir funksies, so my kombuis by die huis is ten volle ingerig om te gebruik en ons hoef nie die restaurant te gaan oopsluit nie."

Sy stem saam met ander sakemanse dat die tyd van inperking wat gebruik was om voor te berei vir die aanslag van die virus nou lank genoeg was en dat besighede ten volle moet oopmaak.

Dit is op hierdie stadium onduidelik op watter vlak eetplekke weer toegelaat gaan word om klante op die perseel te bedien.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Talle restaurant­e en wegneemete-ondernemin­gs verwelkom die vergunning om op ‘n beprkte mate sake te doen, maar is dit eens dat dit ‘n hele aantal uitdagings meebring.
Foto’s: Hannes Visser Talle restaurant­e en wegneemete-ondernemin­gs verwelkom die vergunning om op ‘n beprkte mate sake te doen, maar is dit eens dat dit ‘n hele aantal uitdagings meebring.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa