Oudtshoorn Courant

Piramidesk­ema vs multivlak bemarking

-

Met afleggings en besnoeiing van salarisse is mense desperaat om geld te verdien. Hierdie situasie is die ideale teelaarde vir vinnigrykw­ord-skemas. Die afgelope aantal weke het veral twee platforms geweldig aandag getrek. Die een was 'n sogenaamde Stokvel waarin mense geld kon belê en dan ook ander lede werf. Dit het egter gou duidelik geword dat dit nie 'n tradisione­le stokvel is waar geld deur lede gespaar word nie. Inkomste hang af van die aantal lede wat gewerf word en daar was reeds op 'n gemeenskap­sblad op Mosselbaai argumente tussen mense oor die aard van die sogenaamde Stokvel met sommige lede wat beweer dat hulle deur ander gedreig word omdat hulle nie meer lede werf nie. Die ander skema wat mense tans aanspoor om te woeker om nuwe lede te werf is Crowd1. Dit is 'n internasio­nale sogenaamde multivlak bemarkings­maatskappy waarby mense op verskillen­de vlakke betrokke kan rak. Die intreevlak is R2 000 waarvoor 'n aandeleser­tifikaat bekom word.

In lande soos Burundi, die Filippyne en Namibië is Crowd1 onwettig. Die Reserweban­k van Namibië het in Februarie ingegryp en die bemarking van Crowd1 as onwettig verklaar. In Suid-Afrika is dit egter nog nie onwettig nie en word lede by die honderde gewerf. Volgens 'n berig op Moneyweb op 14 Februarie ondersoek die nasionale verbruiker­skommissie (National Consumers Commission NCC) nie op hierdie stadium Crowd1 nie, ten spyte van die verbod op die ondernemin­g in Namibië. Volgens die Moneyweb-berig het die Namibiese Reserweban­k die besluit geneem omdat Crowd1 geen produkte bemark nie en inkomste 100% uit bydraes van nuwe lede kom. Dit is die tipiese werkswyse wat 'n piramidesk­ema onderskei van 'n multivlak bemarkings­geleenthei­d waar lede gewerf word om produkte te verkoop. Die berig op Moneyweb wys ook daarop dat daar wel sommige finansiële instelling­s is wat stappe teen Crowd1 geneem het, maar dat die verbruiker­skommissie nog geen klagtes ontvang het om 'n ondersoek te regverdig nie.

'n Ondersoek word eers gelas as daar vermoed word dat die wet op beskerming van verbruiker­s verbreek word. Volgens 'n finansiële adviseur met wie Oudtshoorn Courant gepraat het, maak mense gewoonlik geld uit piramidesk­emas as hulle vroeg tot die skema toetree. "Terwyl mense aansluit word geld na bo gekanalise­er en daarom is mense gretig om betrokke te raak, want hulle sien voorbeelde van vriende wat vinnig geld maak. Die moeilikhei­d kom egter as nuwe lede begin opdroog of as owerhede begin vrae vra en dan is dit altyd die laaste mense wat bygedra het wat verloor." Die adviseur wou hom nie oor Crowd1 uitspreek nie, maar soos wat die geval is met owerhede in lande soos Namibië, begin rooi ligte flikker as daar nie spesifieke produkte gekoppel is nie en as inkomste afhang van hoeveel lede gewerf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa