Oudtshoorn Courant

Aartappels vir Afrika

-

AfriForum se Suid-Kaap-takke het met hulp van boerevrien­de aartappels vanaf die Vaalharts-besproeiin­gskema naby Christiana ontvang.

Die vrag van 28 ton aartappels met ’n beraamde waarde van R105 000 is op 15 Mei in George afgelewer, vanwaar dit versprei is. Solidarite­it Helpende Hand het saam met AfriForum fondse bewillig om die aartappels na George te vervoer en het ook gehelp met die toekenning van skenkings.

“Ons is so dankbaar vir hierdie skenking die Vader was so goed vir ons in hierdie tyd. Dit stel ons in staat om honderde behoeftige gesinne wat in die Suid-Kaap woonagtig is te bereik en te help. Ons kon ook hulp verleen aan verskeie liefdadigh­eidsorgani­sasie wat, net soos ons, hul harte en hande oopmaak vir ons mense. Ons bedank veral Marius (Mars) van der Colff wat sy geriewe by

Tramonto Boutique Hotel beskikbaar gestel het om die vrag te stoor en te bewaar. Ons is ook dankbaar vir al die inwoners van George wat kom help aflaai het, dit maak hierdie ervaring ekstra spesiaal,” sê Marlise Labuschagn­e, Helpende Hand se streekbest­uurder in die Suid-Kaap.

“AfriForum sien die voedselnoo­d raak tydens die staat van inperking. As verantwoor­delike landsburge­rs sien ons hoe ons takke en lede oral skouer aan die wiel sit om ons naaste te help. Dit bewys dat AfriForum vinnig en doeltreffe­nd op ’n krisis in ons gemeenskap­pe kan reageer en ’n daadwerkli­ke verskil kan maak,” sê Arno Greyling, AfriForum se distriksko­ördineerde­r vir die Suid-Kaap.

Om by AfriForum se George-, Mosselbaai­of Oudtshoorn-tak betrokke te raak: SMS “(die tak van jou keuse)” na 45342 (R1).

 ??  ?? Van links is Arno Greyling (AfriForum), Nantes du Plessis (Helpende Hand), Zane Labuschagn­e (Helpende Hand), David Olivier (AfriForum) en Marlise Labuschagn­e (Helpende Hand).
Van links is Arno Greyling (AfriForum), Nantes du Plessis (Helpende Hand), Zane Labuschagn­e (Helpende Hand), David Olivier (AfriForum) en Marlise Labuschagn­e (Helpende Hand).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa