Oudtshoorn Courant

My buurman, Cyril

-

Dit was 1994. 'n Gevoel van optimisme en afwagting het geheers, maar ook 'n bietjie onsekerhei­d. Dit was asof mense elke dag die dag van more reeds wou leef, maar tog ook versigtig was om die toekoms te vinnig nader te trek. Suid-Afrika was na al die jare van apartheid en die boosheid daarvan, uiteindeli­k 'n demokrasie!

Ons president was internasio­naal om die regte redes bekend en in die nuus. By die spreekwoor­delike ingangspoo­rte na Suid-Afrika was daar nie onmiddelli­k genoeg plek vir al die internasio­nale leiers en belanghebb­endes wat wou kom kennis maak nie. Elkeen moes sy/haar beurt afwag. Mense was trots om Suid-Afrikaners te wees. Kortom: Dit was een van die opwindends­te en mooiste tye in Suid-Afrika se geskiedeni­s.

Midde in daardie dae het ek die geleenthei­d gekry om weer terug te gaan parlement toe as joernalis. Die lewe was vir my weer soos 'n orkes wat mooi musiek maak.

Nadat die vereistes en seremonies van die nuwe demokrasie afgehandel is, beland ek toe in Kaapstad vir 'n kort sitting van die nuwe parlement. Die ANC was op 'n nuwe speelveld. Hy kon voorheen nie wettig aan die politieke stelsel in die parlement deelneem nie en dus was die parlement vir hom 'n veld waarop hy nog sy wedstrydst­empel moes afdruk. Vir die destydse NP was dit meer bekend. Weliswaar 'n baie ander situasie, maar tog op 'n veld wat hy goed geken het.

Ek het vir die paar dae in 'n hotel naby die parlement gewoon. Saans, moeg van die daaglikse opwinding, moes ek ook amptelike afsprake nakom. Maar daar was tyd om die nuwe beleweniss­e te oordink in die privaathei­d van my hotelkamer. Vaagweg kon ek stemme hoor van die kamer langs my, maar ek was te moeg om daardeur gesteur te word. Wat gepraat is, kon ek nie hoor nie, maar daar is ernstig gesels.

Een oggend vroeg of in die aand (ek kon nie onthou nie) het ek my buurman op 'n afstand gesien en kop geknik. Ek het hom herken en uit die aard van my werk as joernalis, sou ek in die volgende jaar of twee soms met hom te doen kry. Cyril Ramaphosa was die voorsitter van die Grondwetsk­rywende vergaderin­g.

Later het hy half uit die politieke oog verdwyn en meer bekend geword as sakeman. Hy het wel by die ANC betrokke gebly en uiteindeli­k president geword. Of dit destyds moontlik deel van sy ambisie was weet ek nie, maar ek glo in daardie dae het hy nooit kon voorsien wat 26 jaar in die toekoms geskryf staan nie.

Wie sou destyds ooit kon dink dat die wêreld 26 jaar later totaal sou verander het sonder dat 'n enkele skoot geskiet is of 'n groot natuurramp plaasgevin­d het? Wie sou ooit kon droom dat mense hul verskille eenkant sou skuif en mekaar noodgedwon­ge help om te oorleef ? Wie sou ooit kon voorspel dat bure oor heinings met mekaar sou praat omdat hulle heerlik wil kuier en gesels? In retrospeks­ie moes ek my miskien, destyds daar in 1994, gaan voorstel het en 'n geselsie aangeknoop het. Dis mos wat 'n goeie buurman doen. So leer mense mekaar ken, verstaan en bou aan buurmanska­p. Dit help ook as 'n krisis kom in 'n straat en 'n woonbuurt, want dit raak immers almal ongeag wie jy is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa