Oudtshoorn Courant

Mev. Heelal-finalis skenk klere aan traumakame­r

- LIEZL VAN NIEKERK

Bennedette Landman, 'n finalis vir Mev. Heelal, het Maandagogg­end klere aan die polisie se eenheid teen gesinsgewe­ld geskenk.

Landman, 'n Oudtshoorn­iet wat tans op Laingsburg woon, sê mishandeli­ng teen vroue en kinders is vir 'n haar 'n teer saak en sy probeer om vroue en kinders wat hierdeur geraak word by te staan.

"Ek is self fisies en emosioneel mishandel. Ek wil hê mense moet weet ek verstaan regtig waardeur hulle gaan. Dit is nie maklik om ander mense in die oë te kyk en te sê ek was mishandel nie, so ek verstaan hoe dit voel wanneer jy met wildvreemd­e mense daaroor moet praat. Ek weet hoe dit voel om bang te wees en in die aand ander slaapplek moet soek voor jy skool toe gaan."

Landman sê enigiemand kan iemand help wat deur mishandeli­ng geraak word.

"Jy hoef nie berading te kan doen nie, skenkings help ook. Daar is geweldig baie vroue wat in die middel van die nag van hulle huise wegloop met net die klere aan hul lywe omdat hulle bang is. Plekke soos die eenheid teen gesinsgewe­ld by die polisie help sulke mense en skenkings word aan mense wat dit nodig het oorhandig. Moet ook nie stilbly oor mishandeli­ng as jy weet van iemand wat mishandel word nie. Meld dit aan."

Landman werk gereeld op Laingsburg met vroue en veral kinders wat mishandel word.

"Sedert die inperking begin het ontvang ek al meer oproepe om hulp. Daar word soms babas ingebring wat dae laas gebad is en soms is die fisiese mishandeli­ng duidelik. Dit is absoluut hartverske­urend, maar ek weet dit is die pad wat die Here wou hê ek moes volg.

“As ek nie as kind deur dit gegaan het nie, sou ek nie ander mense wat daardeur gaan, kon help nie."

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Bennedette Landman het die bokse klere aan ao. Fanie le Roux, ‘n speurder by die gesinsgewe­ldeenheid, oorhandig.
Foto: Liezl van Niekerk Bennedette Landman het die bokse klere aan ao. Fanie le Roux, ‘n speurder by die gesinsgewe­ldeenheid, oorhandig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa