Oudtshoorn Courant

Heartbeat FM nou in beeld

- LIEZL VAN NIEKERK

Heartbeat FM, ‘n Christelik­e radiostasi­e, maak nou van nuwe tegnologie gebruik om hul uitsending­s op hul eie kanaal lewendig te kan uitsaai.

Pastoor Christo Nel, Heartbeat FM Oudtshoorn-tak se bestuurder, sê te danke aan die nuwe kameras in hul ateljee kan hulle nou alless wat hulle oor die radio uitsaai ook lewendig op hul Facebook-blad en YouTubekan­aal uitsaai.

Nel het Maandag ‘n onderhoud met Bennedette Landman, ‘n Mev. Heelal-finalis, gedoen wat lewendig uitgesaai is. Sy het luisteraar­s oor haar pad in die kompetisie vertel en ook hoe haar geloof haar gebring het tot waar sy vandag is.

“Wanneer ons onderhoude doen sit ons in ‘n virtuele studio wat deel is van ons regte studio,” sê Nel.

“Ons het ‘n groen agtergrond, maar wanneer die kykers die uitsending kyk, lyk dit of ons in ‘n nuuskamer sit soos wanneer die nuus op televisie uitgesaai word.”

Volgens hom gaan hulle ook die tegnologie gebruik om hulle daaglikse radio-uitsending­s lewendig op Facebook te laai sodat luisteraar­s ook fisies kan sien wat in die ateljee gebeur.

Heartbeat FM is reeds in sy sesde bestaansja­ar, maar twee jaar gelede het hul eerste tak op Oudtshoorn oopgemaak. Nel sê dit is egter net een van die nuwe vooruitsig­te van die radiostasi­e.

“Ons het na ‘n nuwe perseel in Langenhove­nweg geskuif waar ons ‘n koffiewink­el na die inperking gaan oopmaak. Mense wat kom koffie drink kan dan deur ‘n venster kyk en sien wat binne die studio aangaan en hoe ons die uitsending­s doen en wie by ons agter die mikrofone kuier.”

Volgens hom is daar nog 'n paar verrassing­s in die pyplyn, maar gaan hy nie nou al die aap uit die mou laat nie.

Volg hulle op hul Facebook-blad Heartbeat FM 107.4 of hul YouTube-kanaal Heartbeat TV.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Pastoor Christo Nel, Heartbeat FM se stasiebest­uurder, saam met Bennedette Landman, Mev. Heelalfina­lis.
Foto’s: Liezl van Niekerk Pastoor Christo Nel, Heartbeat FM se stasiebest­uurder, saam met Bennedette Landman, Mev. Heelalfina­lis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa