Oudtshoorn Courant

Move One Million ook in Oudtshoorn

- LIEZL VAN NIEKERK

Hoewel die opkoms nie so groot is soos hulle gehoop het nie, is dit 'n goeie begin.

Dit is die mening van Emile Cupido, een van Oudtshoorn se Move One Million-lede tydens Saterdag se nasionale bewusmakin­gsveldtog.

Die bewusmakin­gsveldtog is die afgelope naweek landwyd gehou deur lede van die Move One Million-groep om aandag te vestig op onder meer bedrog en korrupsie in die land, moorde, geslagsgeb­asseerde geweld en direkte verkiesing­s.

Marlene Walters, ook een van Oudtshoorn se lede, sê sy hoop dat meer mense by hulle sal aansluit sodat hulle 'n verskil kan maak.

Volgens Walters is die organisasi­es nie polities nie en kan enigiemand van enige ras of geloof aansluit.

"Vir my is die direct elections die belangriks­te. Ek glo mense moet 'n persoon stem en nie 'n party nie. Ons is dalk nie vandag baie mense nie, maar ek dink ons het mense bewus gemaak oor die feit dat ons hier is en ons wil opstaan vir wat reg is. Ons werk op 'n 20 maande plan en daar gaan defnitief meer gereeld sulke bewusmakin­gsaksies wees. Hopelik is daar meer deelnemers aan die volgende een."

As 1 000 mense die Jerusalema-uitdaging op Plettenber­gbaai kan doen kan Oudtshoorn dit verdubbel. Ingrid Noble, 'n Oudtshoorn­iet, is hiervan oortuig en daag inwoners uit om op 26 September om 14:00 in massas op te daag en Baron van Reedestraa­t te laat dawer.

Instrukteu­rs van die plaaslike dansskool, Pro Academy, gaan die volgende paar weke inspring en op verskeie plekke oefensessi­es aanbied. Die oefensessi­es vind Vrydag 11 September en Dinsdag 15 September vanaf 16:00 tot 17:00 en weer Saterdag 19

September op die grasperk langs die CPNel-museum plaas.

Volgens Noble het die munisipali­teit reeds ingestem om die gedeelte van Baron van Reedestraa­t tussen Voortrekke­rweg en St Johnstraat op 26 September vir die middag te sluit. Diegene wat gaan deelneem moet voor die Queens Hotel bymekaar kom. Noble het Donderdag gesê al die instansies waarmee sy gesels het is baie opgewonde. Pro Academy Dancers het ’n video beskikbaar­gestel waarna mense solank kan kyk en oefen.

Die bewusmakin­gsveldtog is die afgelope naweek landwyd gehou.

 ??  ?? Henri Botes en Marlene Walters het ook deelgeneem.
Henri Botes en Marlene Walters het ook deelgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa