Oudtshoorn Courant

2 Vroue durf koue aan

- THERESA OPPERMAN

Kathy Bezuidenho­ut, voorsitter van Steynsburg­gemeenskap­sforum, het in samewerkin­g met die Boereveren­iging op Steynsburg besluit dat 'n optog deur die dorp die afgelope Saterdag gehou sou word. Sy het ook die gemeenskap­pe rondom Steynsburg, te wete Conway,

Teebus, Hofmeyr, Molteno, Venterstad en Burgersdor­p genooi om deel te neem aan die Move a Million- optog. Die hoofdoel van die optog was die wêreldwye bewusmakin­g van plaasmoord­e en swak dienslewer­ing in die Noordoos-Kaapse platteland. "As dit net aan een plaasboer en sy gesin se veiligheid 'n verskil sal maak, was hierdie die moeite werd," het Bezuidenho­ut na afloop van die veldtog gesê.

Die weersomsta­ndighede het egter geensins saamgespee­l nie en teen die tyd dat die verrigting­e moes begin, was slegs sy en Sylvia Buys, ook 'n plaaslike inwoner, teenwoordi­g. "My eie kinders woon op 'n plaas en hul veiligheid is vir my prioriteit." Buys het in Steynsburg kom aftree na haar eggenoot se skielike heengaan. Hierdie twee dapper vroue het die ysige koue en nattigheid aangedurf en het elkeen hul pos, vroualleen, vanaf 09:00 tot 13:00 beman om die publiek, boere en inwoners wat in die dorp was, bewus te maak van dit waarvoor hul staan.

 ??  ?? Kathy Bezuidenho­ut
Kathy Bezuidenho­ut

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa