Oudtshoorn Courant

Landman is Mev. Heelal Liefdadigh­eid

- LIEZL VAN NIEKERK

Bennedette Landman (29) is Dinsdag as Mev. Heelal SA Liefdadigh­eid gekroon.

Landman is 'n gebore Oudtshoorn­iet en woon tans in Laingsburg saam met haar man en twee kinders.

Hoewel sy nie as Mev. Heelal SA gekroon is nie, voel sy dat sy dié kroon verdien.

"Liefdadigh­eid is my passie. Ek het die afgelope ses maande geweldig hard gewerk om myself te bewys en het so baie van myself geleer. Om ander mense, veral kinders, te help is my passie en ek het dit vreeslik geniet om dit te doen."

Om aan Mev. Heelal deel te neem was haar droom en sy is nie 'n oomblik spyt oor die pad wat sy gestap het nie.

"Die Covid-19-pandemie het die kompetisie bietjie moeilik gemaak. Alles het virtueel plaasgevin­d en was heeltemal anders as wat ons verwag het. Dit was nogal 'n uitdaging."

Landman sê sy is nie van plan om op te hou met haar liefdadigh­eidswerk net omdat die kompetisie verby is nie.

"Die land het mense nodig wat omgee en ander probeer opbou en ek wil daardie mens wees. Ek gaan hard werk om my titel gestand te doen."

Charina Joubert, Landman se afrigter gedurende die kompetisie, het gesê dat dit die mees belangrike kroon is om huis toe te neem.

"Sy gee regtig om vir mense. Dit wys presies die mens wat sy is. Dit gaan nie altyd oor mooi wees nie, maar of jy 'n mooi hart het en daarvoor het sy nou 'n toekenning gekry. Ek is vreeslik trots op haar en geweldig bly dat ek die pad saam met haar kon stap."

Landman sê vir eers gaan sy net weer tyd saam met haar gesin spandeer.

"Die kompetisie het baie van my tyd geneem. Ek wil nou net bietjie liefde aan my man en kinders gee. As dit nie vir hulle ondersteun­ing was nie, sou ek nooit so ver gekom het nie. Ek wil ook elke liewe persoon bedank wat my bygestaan het. Julle het dit die moeite werd gemaak."

 ?? Foto verskaf ?? Bennedette Landman in een van die aanrokke wat spesiaal vir die Mev. Heelal-kompetisie gemaak is.
Foto verskaf Bennedette Landman in een van die aanrokke wat spesiaal vir die Mev. Heelal-kompetisie gemaak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa