Oudtshoorn Courant

Matrone skryf ‘n boek

- PAULA-ANN SMIT

Noëline Lanser van Graaff-Reinet se lewenslang­e droom om 'n boek te publiseer het onlangs realiteit geword, toe haar boek, My Hartklopst­ories: Geestelike lewensless­e uit die alledaagse, gepublisee­r is.

Lanser is 'n koshuismat­rone by Union Preparator­y se Max Kroon-huis. Sy is verlede jaar in dié pos aangestel, nadat sy van George na Graaff-Reinet verhuis het. In George was Lanser, 'n gekwalifis­eerde sielkundig­e berader, 'n jeugwerker, skrywer van kinderverh­ale, en ook 'n radio-aanbieder by Christelik­e radiostasi­e, Heartbeat FM, met haar Sondagogge­nd kinderuur. Dit is juis daar wat haar boek, 'n aktiwiteit­sbundel met verhale en lesse vir kinders, vorm gekry het. Haar boek dra sy dus aan al haar luisteraar­s op.

"Deur my stories poog ek om mense te help om 'n konneksie te maak met hul diepe, eie self, met God, die mense om hulle, en met die natuur," vertel Lanser. Haar boek bestaan uit 10 stories, gevolg deur 'n les uit die storie, en 'n skets uit 'n toneel van die storie wat ingekleur kan word. Die sketse is deur Priyanka Patha, 'n tiener van Pretoria was vakansies by haar ouma op Graaff-Reinet kom kuier. Baie van die stories kom uit ervaring deur die observasie van kinders in haar werk. Dit is geskik vir kinders tussen die ouderdom van drie en 11, maar ouer mense sal dit ook waardeer.

Volgens Lanser het haar liefde vir stories vertel reeds op 'n jong ouderdom begin. "My oorlede oupa Gerber en my oorlede pa was my voorganger­s hiermee en kon wonderlike stories voor die kaggel in die kombuis op Aberdeen in die winteraand­e vertel," deel sy. Die storiegogg­a het duidelik vir Lanser ook gebyt: haar tweede bundel is reeds klaar geskryf en sy het reeds die raamwerk vir 'n Engelse storie oor koshuislew­e.

'n Boekbekend­stelling sal later gereël word vir George en Graaff-Reinet.

Vir navraag, e-pos Lanser op n.lanser@ yahoo.co.za.

 ?? Foto: verkaf ?? Noëline Lanser het onlangs ‘n kinderboek gepublisee­r.
Foto: verkaf Noëline Lanser het onlangs ‘n kinderboek gepublisee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa