Oudtshoorn Courant

Covid-19 eis Dok Nolan Dreyer

- WYNDHAM EWERTS

Dr. Nolan Dreyer (49), bekende mediese praktisyn van Oudtshoorn is verlede Donderdag weens Covid19-komplikasi­es in die Mediclinic George oorlede. Dreyer het tot en met sy afsterwe 'n mediese praktyk saam met sy broer, Charles, in die Toekomsrus-woonbuurt bedryf. Volgens sy vrou, Cindy, is haar man op 19 Augustus in die Mediclinic George opgeneem nadat dr. Merckel hom ondersoek en verwys het.

"Soos per Covid-19-regulasies by hospitale mag ons hom nie besoek het nie. Ons het aanvanklik gereeld oor die telefoon met mekaar gekommunik­eer, maar soos sy toestand verswak het, het die susters en dokters ons daagliks breedvoeri­g oor sy vordering ingelig. Ons gesin het die tyding verlede Donderdagm­iddag net so voor ses ontvang dat Nolan oorlede is."

Cindy het haar man as 'n passievoll­e en nederige mens beskryf wat sy pasiënte soos sy eie familie behandel het. "Of jy nou 'n skoonmaker of prokureur was, hy het almal dieselfde behandel. As mediese dokter sou hy altyd tot die uiterste gaan om seker te maak dat sy pasiënte die beste mediese behandelin­g denkbaar kry indien dit nie binne sy veld was nie. Baie van sy gereelde pasiënte het dikwels aan my gesê dat hy meer as net hul dokter was. Hy was ook volgens hulle 'n berader, 'n vertroueli­ng en 'n vriend," het sy gesê.

Volgens Cindy sal die begrafnisr­eëlings soos per Covid-19-regulasies binne die komende dae getref word. Dreyer word oorleef deur sy vrou, Cindy en twee kinders, Vanya en Dylan. Die familie het die breë gemeenskap, dr. Merckel, dr. Immick, Mediclinic George en Oudtshoorn bedank vir hul gebede en bystand gedurende hul beproewing­stydperk.

Paul Stroebel, klubkaptei­n van die Oudtshoorn-gholfklub, het gesê dat die plaaslike gholfgemee­nskap 'n groot gees verloor het. 'Hy was regtig 'n aangename mens om mee gholf te kon speel - 'n ware gentleman, op en van die veld. Ek onthou as een ons werknemers siek geword het kon ons ook altyd op sy knoppie druk en hy sou ons dadelik teen minimale koste help. Die manne gaan hom beslis mis. Die Oudtshoorn-gholfklub se vlag hang halfmas sedert ons die tyding gekry het in eerbied van hom, en so sal dit so bly tot na sy begrafnis."

Die gholfspele­rs het ook afloop van Saterdag se vleistoern­ooi 'n minuut lange stilte ter nagedagten­is van Dreyer gehou.

Of jy nou ’n skoonmaker of prokureur was, hy het almal dieselfde behandel.

 ?? Foto verskaf ?? Die Dreyer-gesin is van links: Dylan, Nolan, Cindy en Vanya.
Foto verskaf Die Dreyer-gesin is van links: Dylan, Nolan, Cindy en Vanya.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Dr. Dreyer in aksie tydens die Oudtshoorn-gholfklub se laaste geborgde gholfdag voor inperking.
Foto: Wyndham Ewerts Dr. Dreyer in aksie tydens die Oudtshoorn-gholfklub se laaste geborgde gholfdag voor inperking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa