Oudtshoorn Courant

#doekwithad­ifference-projek

-

Verpleegst­ers van die Bongolethu- en Oudtshoorn-kliniek het verlede week Kansa se #doekwithad­ifference-projek ondersteun.

Van die verpleegst­ers het kopdoeke gekoop en dit gedra as deel van die bewusmakin­gsveldtog van Kansa.

Volgens Adri Odendaal, gemeenskap­smobilisee­rder vir Kansa se Oudtshoorn-tak, loop die projek hand-aanhand met Kansa se Pink Trees for Pauline (PTFP)-projek.

"Beide die projekte is fondsinsam­elings vir Kansa, maar ook bewusmakin­g vir persone met kanker.

“Die Pink Trees for Pauline se materiaal kan ook by my gekoop word.

Ons moedig organisasi­es aan om pienk materiaal te koop en dit om bome voor hul besighede te sit as deel van die bewusmakin­gsproses."

Odendaal sê die kopdoeke is R100 en die lappe is teen R30 'n meter by haar te koop.

"Die geld wat ons insamel gaan vir dienste sodat ons ondermeer melk en doeke aan ons pasiënte kan voorsien."

Die wat kopdoeke of materiaal wil koop kan Odendaal by 072 133 0444 skakel of stuur 'n e-pos aan aodendaal@cansa.org.za

 ??  ?? Verpleegst­ers van die Oudtshoorn-kliniek is voor, van links: Erica Campher, Lisinda Muller, Chantelle Conradie, Helline PIedt, Bertha Meiring, Mathilda le Roux en Elmarie Michaels. Agter: Adri Odendaal (Kansa), Anthea Erasmus, Ilse Buys, Patricia Jackson, Karin Byl en Ntombi Kweleta.
Verpleegst­ers van die Oudtshoorn-kliniek is voor, van links: Erica Campher, Lisinda Muller, Chantelle Conradie, Helline PIedt, Bertha Meiring, Mathilda le Roux en Elmarie Michaels. Agter: Adri Odendaal (Kansa), Anthea Erasmus, Ilse Buys, Patricia Jackson, Karin Byl en Ntombi Kweleta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa