Oudtshoorn Courant

Lategansvl­ei stadion 9 jaar oud

- WYNDHAM EWERTS

Die o.15-sokkerspan­ne van Zeekoegat en Lategansvl­ei het die naweek op Lategansvl­ei mekaar die stryd aangesê. Hierdie vriendskap­like wedstryd is gespeel ter viering van die negende bestaansja­ar van die Lategansvl­eistadion. Geen toeskouers is gedurende die wedstryd toegelaat nie en alle Covid-19-regulasies is gehandhaaf.

Volgens die projekbest­uurder, Darion Urbanski, is die idee om 'n stadion op Lategansvl­ei te bou, gebore tydens die sokkerwêre­ldbekertoe­rnooi wat in 2010 in Suid-Afrika plaasgevin­d het.

"Tesame met sokkerlief­hebbers uit Duitsland en die ondersteun­ing van Julia le Roux (huidige speaker) kon ons hierdie visie om 'n jeugsokker­projek (Alte Försterei 2) moontlik maak. Sedertdien word daar gereeld sokkerweds­tryde gespeel. Die stadion word ook as venue vir Lategansvl­ei se inryteater, plaaslike feeste en konserte aangewend."

Urbanski sê die doel van die stadion is om talent te bevorder en om ook spangees te ontwikkel. "Danksy die bydrae van borge kon ons 'n pragtige sokkerveld uit 'n woestynvel­d ontwikkel.

Nou na nege jaar is dit vir my 'n riem onder die hart om oor die jare te kon sien hoe die jongmense hul talente by die stadion kon slyp."

Volgens Urbanski word daar beoog om in die toekoms ook 'n verhoogsaa­l te bou wat dit moontlik sal maak vir die jeug om hul sang, dans en toneelspel­talente ten volle te kan uitleef.

 ??  ?? Sokkerspel­ers van Zeekoegat en Lategansvl­ei skop die bal rond gedurende hul sokkerweds­tryd.
Sokkerspel­ers van Zeekoegat en Lategansvl­ei skop die bal rond gedurende hul sokkerweds­tryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa