Oudtshoorn Courant

Drie ure vasgekeer in vragmotor

- HANNES VISSER

Die bestuurder van ‘n vragmotor wat Donderdagm­iddag 8 Julie op ‘n grondpad omgeslaan het, was vir bykans drie ure in die kajuit van die vragmotor vasgepen terwyl reddingswe­rkers gespook het om hom te bevry.

Die ongeluk het Donderdag om ongeveer 12:50 op die Lategansvl­ei-pad tussen Lategansvl­ei en Matjiesriv­ier gebeur. ‘n Konvooi vragmotors van Garden Route-distriksmu­nisipalite­it was besig om gruis aan te ry nadat hulle as gevolg van sterk wind hulle werk op die Swartbergp­as moes staak.

Die vragmotors het die gruis na ‘n gedeelte van die Lategansvl­ei-pad aangery waar daar ook padwerke gedoen word. Voor ‘n driffie het een van die vragmotors skynbaar as gevolg van die stof teen die agterkant van ‘n ander vragmotor gebots, die pad verlaat en teen ‘n helling omgeval.

Die vragmotor het op die bestuurder­skant te lande gekom en die bestuurder se bene is in die kajuit vasgedruk.

Die toneel was ongeveer 35 km buite Oudtshoorn en 29 km met die grondpad langs. Reddingswe­rkers en paramedici was egter gou op die toneel. Hulle het ‘n drip aan die man gekoppel en bevestig dat hy geen ernstige beserings aan sy lyf opgedoen het nie. Hulle kon egter nie bevestig of sy bene ernstig beseer is voordat hy bevry is nie. Meganiese kake is gebruik om die bestuurder se regterbeen, wat deur die stuurkolom vasgedruk is, te bevry, maar sy linkervoet was tussen pedale en die vloerpanel­e van die vragmotor vasgepen. Die deur en ‘n gedeelte van die vragmotor se dak sowel as die hele instrument­paneel moes met meganiese toerusting verwyder word sodat reddingswe­rkers toegang tot die man se vasgepende voet kon kry. As voorkoming­smaatreël en om te keer dat die vragmotor dalk verder omkantel is een van die ander vragmotors teen die bak getrek om dit te stut.

Bykans drie ure na die ongeluk kon die reddingswe­rkers daarin slaag om die man se voet te bevry en hom uit die stuurkajui­t haal. Die bestuurder kon sy voet beweeg en met ‘n aanvanklik­e ondersoek het dit nie geblyk dat hy enige frakture opgedoen het nie. Hy is per ambulans hospitaal toe geneem, en is later ontslaan. Teen Maandag was hy steeds tuis om aan te sterk.

‘n Insleepdie­ns van George, wat in die herwinning van swaar voertuie spesialise­er, is ontbied om die wrak van die vragmotor te verwyder.

 ??  ?? INLAS: Die vasgekeerd­e bestuurder is met ‘n kombers bedek terwyl die dak en deur van die vragmotor afgesaag is.
INLAS: Die vasgekeerd­e bestuurder is met ‘n kombers bedek terwyl die dak en deur van die vragmotor afgesaag is.
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die ongeluksto­neel kort nadat nooddiensw­erkers daar aangekom het.
Foto’s: Hannes Visser Die ongeluksto­neel kort nadat nooddiensw­erkers daar aangekom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa