Oudtshoorn Courant

Honde verskeur skape

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - ‘n Boer wie se plaas enkele kilometer van die dorp geleë is, het die afgelope naweek reuseskade gely toe twee groot honde verskeie van sy skape doodgebyt en vermink het. Die boer het die goedversor­gde honde, wat hy tussen die trop betrap het, doodgeskie­t.

Die honde het eers Vrydagnag drie lammers en ‘n ooi doodgebyt, waarna die gesin die skape vir veiligheid nader aan hul woonhuis gebring het. Dit het die honde egter nie gekeer nie. Hulle het Saterdagna­g teruggekom en wéér onder die trop ingevaar.

Dis waar die ontstelde boer, Samie Luttig jr. van die plaas Drie Riviere, die honde Sondagogge­nd betrap en geskiet het. Van die verminkte skape moes van kant gemaak word.

Die presiese getal wat dood is, kon nie vasgestel word nie; wel dat die uiteindeli­ke skade meer as R50 000 beloop. Luttig wou nie kommentaar lewer nie, maar dié inligting is op ‘n WhatsApp-inligtings­groep van die dorp versprei met die volgende boodskap: “Nie vir sensitiewe kykers nie. Ek deel ‘n paar foto’s met julle van skade wat honde van die dorp aangerig het op Drie Riviere gister. Dit is wat gebeur as honde nie in die erwe gehou word nie; dan word ‘n boer enorme skade aangerig – asof die droogte nie reeds erg genoeg is nie.”

Foto’s van honde wat in Prins Albert vermis word, is op dieselfde WhatsAppgr­oep rondgestuu­r, maar daar kon nie bevestig word of dit dieselfde honde is wat die skape gebyt het nie.

Gay van Hasselt, ‘n bekende boer van die omgewing wat ook al verliese gely het nadat honde haar diere gebyt en vermink het, het aan Oudtshoorn Courant gesê die huidige situasie “is baie moeilik vir my, omdat ek die eienaars van die skape sowel as van die honde ken. Dit is goed versorgde honde wat baie liefde ontvang het. Die punt is dat dit die natuurlike instink van ‘n hond is om te jag, en net twee van hulle bymekaar is genoeg vir dié jaginstink om in te skop en groot skade te veroorsaak. Hondeeiena­ars moet alles in hul vermoë doen om seker te maak dat hul diere nié uit hul erwe kan ontsnap nie, veral snags. Honde se base moet voorts ook weet dat boere hul troeteldie­re gáán skiet as hulle op die plase aangetref word, of hulle skade aangerig het of nie.

“Ons kan nie wag dat so iets gebeur voordat ons optree nie. In die meeste gevalle kan honde-eienaars dit nie bekostig om die boer vir sy skade te vergoed nie, en die boer dra dus die skade alleen. In hierdie geval word dit op heelwat meer as R50 000 geraam. En dan neem ek nog nie in ag hoeveel dit kos om van die skape lewendig en produktief te hou in hierdie droogteram­ptyd nie.”

Oudtshoorn Courant het die Prins Albertpoli­sie om kommentaar genader, en daar word op reaksie gewag.

 ??  ?? Foto’s van die skape wat die afgelope naweek op ‘n plaas buite Prins Albert doodgebyt is.
Foto’s van die skape wat die afgelope naweek op ‘n plaas buite Prins Albert doodgebyt is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa