Oudtshoorn Courant

Beaufort-Wester kry tien jaar

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - ‘n Jong man van Beaufort-Wes, wat aan roof met verswarend­e omstandigh­ede en roof gewoon skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn-streekhof vir tien jaar tronk toe gestuur.

Denville Adams (22) is daaraan skuldig bevind dat hy op 7 Oktober 2019 vir Marcelino Dick met ‘n mes gedreig en van R1 200 kontant en ‘n selfoon beroof het, en drie dae later ‘n 60-jarige man, Henry Beukes, gewurg en van sy selfoon beroof het.

Adams het op beide aanklagte onskuldig gepleit, maar later erken dat hy Beukes beroof het asook nog ‘n man wat nie ‘n saak teen hom gemaak het nie.

Die staatsaank­laer, Willem Vister, het die hof vir vonnisse van ten minste agt en vyf jaar gevra. Volgens hom is Dick, gelukkig vir Adams, nie ernstig beseer nie, maar hy het nie sy geld of selfoon teruggekry nie terwyl die beskuldigd­e van hom ‘n leuenaar gemaak het.

Wat die tweede voorval betref het hy ‘n 60-jarige kankerlyer gewurg en van sy selfoon beroof.

“Ons is geleer om ouer mense te respekteer, maar die beskuldigd­e het nie twee keer gedink voordat hy ‘n ou man gewurg en beroof het nie.”

Adams se regsvertee­nwoordiger, Wenzel Botha, het die hof vir gesamentli­ke uitdiening van sy vonnisse gevra.

“Die beskuldigd­e vra die hof om hom genadig te wees,” het Botha gesê.

Streekland­dros Ntsoki Moni het Adams se weergawe verwerp en met vonnisople­gging gesê dat hy nie eerlik was met die hof nie en ook nie enige berou toon nie.

Die aanklagte is vir vonnisdoel­eindes saamgevoeg en Adams is tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa