Oudtshoorn Courant

Nieu-Bethesda-sportterre­in erg verwaarloo­s

- CRISZANNE JANSE VAN VUUREN

Die sportterre­in in Nieu-Bethesda is vinnig besig om ten gronde te gaan en dit lyk nie of dit die Dr Beyers Naude-munisipali­teit in die minste pla nie.

DA-raadslid vir wyk 2, Ricardo Smith, het sy kommer uitgespree­k oor die verskrikli­ke toestand van die sportterre­in in NieuBethes­da.

Volgens hom is daar niks van die veld oor nie, die gras is heeltemal dood en die kleedkamer­s word al meer beskadig. Hy is van mening dat die sportterre­in so agteruitge­gaan het omdat die Dr Beyers Naude-munisipali­teit (DBNLM) sy plig versuim om die sportterre­in te onderhou.

Smith beweer dat hy hierdie kwessie al by verskeie geleenthed­e onder die DBNLM se direkteur van gemeenskap­sdienste, Gewnynne Hermanus, se aandag gebring het, maar dat hy nog geen terugvoer ontvang het nie. Die betrokke direkteur het glo ongeveer twee maande ná sy aanstellin­g al onderneem om met die sportleier­s in NieuBethes­da te ontmoet en na hulle voorstelle te luister, maar hierdie vergaderin­g het nooit plaasgevin­d nie.

Smith sê dat die jeug in Nieu-Bethesda aangebied het om die sportveld nat te maak en die kleedkamer­s in stand te hou, maar die direkteur slaan glo nie ag op kommunikas­ie in hierdie verband nie en versuim om toestemmin­g hiervoor te gee.

“Nieu-Bethesda is ‘n arm gemeenskap en die werklooshe­idsyfer is baie hoog. Sport is basies al wat hierdie gemeenskap het om hulle mee besig te hou en dit is hartseer om te sien hoe iets wat vir ‘n gemeenskap so baie beteken voor jou oë tot niet gaan.”

Smith bevestig dat hy intussen met die departemen­t van sport en ontspannin­g in verbinding getree het in ‘n poging om fondse te bekom om die sportterre­in in NieuBethes­da op te knap.

Smith spreek verder sy kommer uit oor die haglike toestand van die provinsial­e en munisipale paaie in Nieu- Bethesda. Hy beweer dat hy dit al maande gelede onder die aandag van die DBNLM se direkteur van infrastruk­tuur dienste, Bennie Arends, gebring het, maar dat daar aanhoudend verskoning gemaak word dat die munisipali­teit nie geld het om die padskraper vanaf Graaff-Reinet na NieuBethes­da te vervoer nie. Hierdie paaie is glo vir die afgelope twee jaar nog nooit geskraap nie en het gevolglik só agteruitge­gaan dat dit bykans onbruikbaa­r is. Een van die grootste bekommerni­sse is dat die ambulans wat pasiënte vanaf Nieu-Bethesda na GraaffRein­et moet vervoer ook van hierdie pad gebruik moet maak. Afgesien daarvan dat die pad baie gevaarlik is, moet pasiënte letterlik skud-skud die dorp verlaat om by die Midland-hospitaal uit te kom.

Smith sê dat die departemen­t van paaie en vervoer tydens ‘n IDP Representa­tive Forum-vergaderin­g bevestig het dat hulle gedurende Junie/Julie 2021 die ongeteerde stuk provinsial­e pad van ongeveer 20 kilometer gaan teer, maar voeg by dat hierdie proses heel waarskynli­k deur die nasionale inperking vertraag gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa