Oudtshoorn Courant

Cradock-begraafpla­as weer aan die brand

-

CRADOCK - “Die oorgroeide onkruid wat die plaaslike begraafpla­as oorneem, is elke jaar die voedingsbr­on van brande,” vertel Hugo Barendse, ‘n plaaslike inwoner. Nou het die begraafpla­as weer gebrand.

Barendse en Ivan Stock van ‘n plaaslike sekuriteit­sfirma het eerste op die brand gereageer.

“Die begraafpla­as het die afgelope naweek weer vlamgevat en die vermoede is dat kinders wat daar woon moontlik hitte gesoek en van die bosse aan die brand gesteek het.”

Die sterk wind wat Sondagnag begin waai het, het sake net vererger en dit het heelwat mannekrag en goeie samewerkin­g geverg om die brande onder beheer te kry.

Cradock-begraafpla­as het al bekendheid verwerf.

Heelwat tonele in die eerste reeks van Spoorloos, wat nou ‘n opvolg op kykNET het, is daar verfilm. Die begraafpla­as lê reg langs die Visrivier, wat op die grens verbyvloei.

Talle grafte is in die 1974-vloed beskadig en redelik onlangs was daar ook beriggewin­g rondom beskadigde grafstene.

Daar is ook reusebome op die deel van die terrein wat teen Dearylaan grens. Hierdie bome is reeds geplant toe die begraafpla­as aangelê is en sommige kan selfs tot 150 jaar oud wees.

“Die brande in die verwaarloo­sde begraafpla­as het egter ook van hierdie ou boomreuse laat vlamvat en ná die vlamme geblus is, het die bome steeds gesmeul en stuk-stuk op grafte ineengesto­rt. Dit is vir die gesinne van geliefdes wat hier ter ruste gelê is, ‘n bitter pil om te sluk,” sê Barendse.

 ?? Foto: Hugo Barendse ?? Die Cradock-begraafpla­as in vlamme gehul. Onkruid wat die begraafpla­as oorneem, voed elke jaar die brande.
Foto: Hugo Barendse Die Cradock-begraafpla­as in vlamme gehul. Onkruid wat die begraafpla­as oorneem, voed elke jaar die brande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa