Oudtshoorn Courant

Burgemeest­er steun versoek van landbou

-

OUDTSHOORN - Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er, het bevestig dat die munisipali­teit die versoek van boere in die distrik steun om die gebied tot droogteram­pgebied te verklaar. Dit volg nadat boere van die streek ‘n week gelede die burgemeest­ers van Oudtshoorn, George en Kannaland se hulp gevra het om die streek as droogteram­pgebied te laat verklaar. Die gebied strek vanaf die Bo-Kamanassie-area tot en met Calitzdorp. Die versoekskr­ifte, wat ook deur die Oudtshoorn­besigheids­kamer en verskeie landbouorg­anisasies ondersteun word, is voorverled­e Vrydag aan Macpherson, en die burgemeest­ers van George, Leon van Wyk en Kannaland, Magdaleen Barry gestuur.

Macpherson het Vrydag 9 Julie in ‘n mediaverkl­aring gesê die munisipali­teit ondersteun die versoek heelhartig. Volgens hom het die proses om deur die verskillen­de kanale aansoek te doen om tot droogteram­pgebied verklaar te word, reeds begin. Hy noem dat sommige gedeeltes rondom Oudtshoorn reeds vir 10 jaar onder erge droogte gebuk gaan en dat die meeste boere in die omgewing reeds vir sewe jaar ernstige droogte ervaar. Macpherson het ook reeds met Memory Booysen, burgemeest­er van Garden Route-distriksmu­nisipalite­it en met Van Wyk beraadslaa­g oor wedersydse samewerkin­g om die aansoek te rig en te motiveer.

Volgens die boere wat die versoek gerig het, strek dit wyer as bloot korttermyn droogtehul­p, daar word ook gekyk na langtermyn­oplossings om watersekur­iteit aan die Klein-Karoo te bied.

Die watervlak van die Stompdrift­dam is tans op 7% en die Kamanassie­dam is heeltemal leeg.

Volgens Gerhard Meyer, bestuursli­d van die Stompdrift Kamanassie Watergebru­ikersveren­iging (SKWGV), is dit die laagste damvlakke in die honderdjaa­r-bestaan van die SKWGV. Tot dusver is winterreën­val in die streek ook ondergemid­deld met die gevolg dat daar tans geen opvolg-leibeurt is vir boere wat reeds gesaai het en wat op winterreën wag nie.

Laubscher Coetzee, Agri Klein Karoo (AKK) se verteenwoo­rdiger by Agri Wes-Kaap, sê die droogte het die landbou-bedryf in ’n wurggreep. Die droogte word as die ergste in dekades bestempel, deur party selfs as die ergste die afgelope eeu.

Volgens Coetzee het die droogte die boere op hulle knieë.

“Om tot rampgebied verklaar te word, beteken dat ons gebied vir droogtehul­p in aanmerking kom. Ons wil graag ook die boodskap tuisbring dat ons nie droogtehul­p wil sien as slegs finansiële bydraes van die regering aan boere nie, maar dat daar ook holisties na droogtehul­p gekyk moet word. Daarmee word bedoel dat daar ernstig klem gelê moet word op oplossings betreffend­e watervoors­iening, opgaarkapa­siteit en meer effektiewe waterversp­reiding deur middel van pypleiding­s in die skema.”

 ??  ?? Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er van Groter Oudtshoorn.
Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er van Groter Oudtshoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa