Oudtshoorn Courant

Kansa beplan kospakkies

-

Kansa Oudtshoorn wil kospakkies vir Mandeladag op 18 Julie bymekaarma­ak en aan die kankerpasi­ënte waarna hulle omsien, oorhandig.

Adri Odendaal, volhoubaar­heids- en dienskoörd­ineerder, sê hulle tema die jaar is ‘One hand can feed another’ en baat nie net die pasiënte by die kospakkies nie, maar ook die hele huisgesin wat saam met die pasiënte die pad stap.

“Ons wil graag gesonde, nie-bederfbare kos bymekaarma­ak om aan die mense te oorhandig. Ons vra die gemeenskap se hulp om produkte bymekaar te maak wat ons kan skenk.”

Produkte soos langleweme­lk, sojamaalvl­eis, mieliemeel, rys, pasta, rooibostee, hawermout, grondboont­jiebotter, suiker, sout, lensies, sardyne (pilchards), rosyntjies, Weetbix, olie, vlapoeier en jellie sal in die kospakkies gesit word.

Kansa maak ook die Jar of Hope-bottels. “Die Jar of Hope is ‘n glas koffiebott­el waarin daar ‘n halwe koppie rys, ‘n halwe koppie sopmengsel, ‘n halwe koppie lensies, een oopgemaakt­e blokkie aftreksel en ‘n pakkie soppoeier gegooi word. Jy kook dan 2½ liter water en gooi die bestanddel­e daarin. Só ‘n bottel kan vier mense voed.”

Diegene wat produkte wil skenk kan dit by die Kansa-kantore, Langhovenw­eg 202 afgee.

Streng Covid-19-regulasies geld en alle pakkies sal gesaniteer word. Skenkers word ook gevra om hul maskers te dra en sosiale afstand te hou. Mense wat nie skenkings self kan aflewer nie kan Odendaal by 072 133 0444 skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa