Oudtshoorn Courant

Malgas-familie onthul grafsteen

- CHRISZANNE JANSE VAN VUUREN

JANSENVILL­E - Die Malgas-familie van Jansenvill­e het op 26 Junie die geskiedeni­s herskryf met die tradisione­le grafsteeno­nthulling van wyle Chrisjan (Daddy) en Katrina (Moeder) Malgas.

Dié oeroue !Nau-ritueel is tydens hierdie onthulling uitgeoefen.

Die !Nau-ritueel is ‘n geestelike waardesist­eem wat die inheemse Khoekhoena-volk sedert 1996 besig is om te herstel. Die elemente wat gebruik word tydens die seremonie simbolisee­r verskillen­de aspekte van hierdie kulturele en geestelike tradisie. Bitter aalwyn en soet heuning simbolisee­r die lewensgang van die mens – die positiewe en die negatiewe wat ons ervaar op ons lewensreis.

Water simbolisee­r die reinigings­proses en Hottentots­kooigoed (helichrysu­m petiolare) word deur die priester in ‘n koedoehori­ng gebrand om die offerplek te reinig voordat die brandoffer op die altaar geoffer word.

Die grafsteen word uitpak met klippe wat die herverbint­enis van die gestorwene met Moeder Natuur, en die terugkeer van die mens na die aarde waaruit hy gevorm is, simbolisee­r. Daardeur keer die mens terug na sy oorspronkl­ike status en word sy siel met God, sy maker, verenig.

Bruto Malgas verduideli­k: “Ons aanbid nie ons voorvaders nie, ons vereer hulle vir dit wat hulle vir ons kon doen, maar die grootste eer kom aan God, ons Skepper, toe vir dit wat ons voorvaders deur Sy almag kon verwesenli­k op aarde.”

Die begrafniso­ndernemer, Rhona Koetaan, bevestig dat dit die heel eerste keer was dat hierdie tipe tradisione­le seremonie op Jansenvill­e plaasgevin­d het en sê dat dit voorreg was om daarby betrokke te kon wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa