Oudtshoorn Courant

Wagte vra hulp

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Vier motorwagte van Kerkstraat, tussen Baron van Reedestraa­t en Hoogstraat in die middedorp, is raadop omdat hulle nie enige ondersteun­ing of hulp van die Oudtshoorn-munisipali­teit kry nie.

Een van hulle, Stanley Prince (64), is al langer as 23 jaar ‘n motorwag.

Volgens Prince probeer hy op ‘n eerlike manier iets verdien om die pot aan die kook te hou.

“Al wat ons van die munisipali­teit vra is om aan ons kleredrag te verskaf wat ons sal uitken as wettige motorwagte. Ons wil ontslae raak van mense wat van tyd tot tyd parkeerple­k kom aanwys wanneer hulle onder die invloed van drank is en motoriste dreig om fooitjies aan hulle te gee. Ons soek net iets om ons te onderskei van hulle sodat motoriste kan weet wie om te vertrou en ons onsself kan identifise­er.”

Volgens hom kom enige Jan Rap en sy maat plekke aanwys.

“Die manne bederf die besigheid en maak ons saak ook sleg.”

Volgens Prince val hul versoeke aan die munisipali­teit op dowe ore. ‘n Vorige karwagproj­ek waarby die polisie en sakemanne ook betrokke was, het ‘n tyd gelede doodgeloop.

Volgens Prince ontvang hy ‘n klein pensioen van die staat, maar dit is nie genoeg om hom en sy gesin deur die maand te dra nie. Hy en sy vrou het twee dogters wat werkloos is.

“Ek is gelukkig nog gesond en sterk genoeg om elke weeksdag van agtuur tot vyfuur en Saterdae tot eenuur op my bene te wees waarvoor ek dankbaar is teenoor die Here.”

Meer as een navraag is aan die Oudtshoorn­munisipali­teit hieroor gerig, maar geen terugvoeri­ng is ontvang nie.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Stanley Prince (regs) saam met sy medemotorw­agte, Charl Blignault, Marius Jullies en Samuel Jullies.
Foto: Garnett Wicomb Stanley Prince (regs) saam met sy medemotorw­agte, Charl Blignault, Marius Jullies en Samuel Jullies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa