Oudtshoorn Courant

Onnie wen saak teen WKOD

- GARNETT WICOMB

DE RUST - Die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys (WKOD) is gelas om ‘n onderwyser van De Rust wat in 2019 afgedank is, her aan te stel en te vergoed nadat hy onskuldig bevind is op klagtes dat hy ‘n gr. 7-leerder aangerand en ‘n ander geld aangebied het om daaroor te jok.

Volgens adv. Steven Lourens wat die onderwyser, Lionel Damons, tydens sy tugverhoor verteenwoo­rdig het, het die Onderwys Arbeidsver­houdingsra­ad bevind dat die departemen­t se optrede onredelik was en Damons nie later as 1 Augustus 2021 by De Rust Primêr of enige ander skool van die departemen­t in die distrik, heraangest­el word.

Voorts is die WKOD ook gelas om Damons agt maande se salaris, net meer as R250 000 te betaal.

Damons is daarvan beskuldig dat hy die leerder met ‘n stuk pyp geslaan en ‘n ander leerder R100 aangebied het om oor die beweerde voorval te jok. Die seun het glo sy privaat dele beseer toe hy deur die onderwyser teen een van die skoolbanke gestoot is. Damons het in Maart 2019 kennis ontvang van die tugverhoor vir die beweerde aanranding op 28 November 2018.

Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Volgens hom het hy wel ‘n stuk pyp gehad, maar nie die kinders daarmee geslaan nie, maar dit gebruik vir aanwysings op die skryfbord.

Die raad het bevind dat die twee leerders mekaar weerspreek het ten opsigte van die pyp.

Die ander leerder het getuig dat die klaer homself beseer het toe hy teen die bank vasgehardl­oop het toe hy probeer wegkom het. Volgens die raad het Damons twee vorige oortreding­s erken met ‘n pleitooree­nkoms en boete van R3 000 en ‘n finale skriftelik­e waarskuwin­g geldig vir ses maande, wat 15 dae voor die beweerde voorval verval het. Hy het ook berou getoon ten opsigte van dié oortreding­s.

Volgens Lourens is Damons baie gelukkig met die toekenning en kan hy nou met sy lewe voortgaan.

Die WKOD bestudeer nog die uitspraak van die raad en ‘n besluit is nog nie geneem om daarteen te appelleer of nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa