Oudtshoorn Courant

47 mooi jare met Golf

-

dieselenji­ns beskikbaar geword het. Die GTI is aangevul met die 2.8 V6 model die VR 6.

Mens sien hulle steeds in aksie op ovaalbane.

Die Golf 4 het in 1997 gevolg en die GTI 4 is aangevul met die R32 model. Dit was 'n 3.2 liter V6 wat 177 kW ontwikkel het met 'n topspoed van 247 km/h.

In 2003 het die Golf 5 GTI sy aankoms in Suid-Afrika gemaak. Skoonsus Yvette Pool het een gekoop. Ek het hom op die N1 buite Kaapstad so bietjie gaan brand en die GTI het my geweldig beïndruk. Dit was die eerste GTI wat met 'n turboaanja­er toegerus was en ook die eerste GTI wat met VW se gewilde DSGratkas toegerus was. Die ratkas kan jy op drie maniere ry, of vol outomaties, of in of waar jy die handrat net tik om ratte te verander.

In 2008 arriveer die vinnige Golf 6 GTI. Die 2.0 liter turbo-enjin ontwikkel 157 kW se krag. Die Golf 6 het vir my die mooiste Golf-bakwerk. Later het die Golf R gevolg met 191 kW en vierwielaa­ndrywing.

Die Golf GTI7 is hier plaaslik bekendgest­el in 2012 en sy enjin ontwikkel 154 kW in standaardv­orm. Die GTI R, wat so 'n paar maande later gevolg het, ontwikkel 218 kW.

VWSA het toe in 2016 die GTI Clubsport bekendgest­el. Die Clubsport was so rapsie stadiger as die R, met 'n 195 kW enjin.

Gedurende 2019 het VWSA die Golf GTI 7,5 bekendgest­el, maar dié opgraderin­g was egter net kosmeties van aard.

Ek self ry 'n Golf 6 GTI, en met sy baie speelgoed, geniet ek hom baie.

 ?? Foto: Facebook ?? Die nuutste toevoeging tot die GTI-legendes is die Golf GTI 8, wat in Julie plaaslik sy opwagting maak.
Foto: Facebook Die nuutste toevoeging tot die GTI-legendes is die Golf GTI 8, wat in Julie plaaslik sy opwagting maak.
 ??  ?? In 2020 het VW die Golf VII GTI TCR bekendgest­el met ‘n kragleweri­ng van 213 kW en ‘n topspoed van 264 km/h.
In 2020 het VW die Golf VII GTI TCR bekendgest­el met ‘n kragleweri­ng van 213 kW en ‘n topspoed van 264 km/h.
 ??  ?? Die Golf GTI 5 is in 2003 bekendgest­el - die eerste GTI met die bekende DSG-ratkas en ‘n turbo-enjin.
Die Golf GTI 5 is in 2003 bekendgest­el - die eerste GTI met die bekende DSG-ratkas en ‘n turbo-enjin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa