Oudtshoorn Courant

KKNK se Samsa-masjien nou ‘n film

-

Willem Anker en Jaco Bouwer se Samsa-masjien is “terug op die planke” en teaterlief­hebbers kan nou eksklusief dié bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die KKNK se aanlyn fees in 2021. Nie net het Samsa-masjien vier KKNK Kanna-pryse in 2012 ontvang nie, dit was ook die groot wenner by die Fleur du Cap-pryse in 2015.

Anker is met die Fleur du Cap vir beste Suid-Afrikaanse teks bekroon is (die teks was ook die ATKV Woordveert­jie-wenner vir beste dramateks in 2012).

Antoinette Kellermann is bekroon met die Kanna vir beste aktrise en Samsa-masjien ontvang die KKNK se Herrie-prys vir Kopverskui­wende werk. Gregor Samsa en sy vrou woon op hul oudag by hul dogter en haar man Gregor ervaar ’n stelselmat­ige insekwordi­ng, wat deur sielkundig­es, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinas­ies van dementialy­ers. Oral waar hy kyk, sien hy insekte en voel hulle op hom loop. Sy dogter, ’n kopieskryw­er, kleur dié verhaal verder in met vertelling­s aan haar terapeut. Die verhaal speel op drie plekke op ’n dubbelverd­ieping stel af, in ruimtes wat doelbewus gekies is.

Kaartjies

Kaartjies vir die aanlyn weergawe van Samsa-masjien is van Donderdag 8 Julie tot Sondag 1 Augustus beskikbaar en kos R150 met 10% afslag aan ATKV- en Klieklede. Kaartjies is by Quicket beskikbaar, by https:// qkt.io/Samsa-masjien. Samsa-masjien het ’n ouderdomsb­eperking van 18 jaar, weens tonele met seks, naaktheid en sterk taalgebrui­k.

Teaterlief­hebbers kan ook steeds vir ’n beperkte tyd Die Naaimasjie­n met Sandra Prinsloo aanlyn geniet. Kaartjies is ook teen R150 by Quicket beskikbaar, by https://qkt. io/Naaimasjie­n. En as jy dit gemis het, die geliefde Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk se eenmanvert­oning Sê groete vir Ma is ook binnekort aanlyn te sien as deel van die KKNK se virtuele teaterprog­ram.

Hou die KKNK se sosiale mediaplatf­orms en webblad dop vir meer inligting.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa