Oudtshoorn Courant

Superfiks Jullies inspireer talle

- WYNDHAM EWERTS

Tarren Jullies, ‘n ma van twee kinders en onderwyser­es verbonde aan Colridge Primêr, het tydens verlede week se 62ste virtuele parkrun vir die soveelste keer (12 om presies te wees) die vinnigste tyd oor dié 5 km-wedren behaal. Haar tyd van 24 minute en 43 sekondes is volgens haar nie haar vinnigste oor die afstand nie, maar reflekteer haar pogings om konstant onder 25 minute te eindig.

‘n Beskeie Jullies sê dat sy vier jaar gelede nie in haar wildste drome sou kon droom dat sy in staat sou wees om fisies te draf nie, wat nog te sê vinnige tye behaal.

“In 2017 het ek eendag ‘n foto van myself gesien wat my so geskok het dat ek vir myself gesê het: “Here, nou wil ek nie meer so lyk nie.”

Met my groot lyf, wat toe 97 kg weeg het, het ek eers elke dag begin stap om net ‘n paar kilo’s in my bene te kry. Na ‘n paar maande se stap vind ek uit dat ek mos bietjie kan draf. So het my doelwitte stelselmat­ig verander, want in die begin het dit eers net gegaan oor gewigsverl­ies, en daarna hoe ver ek kan hardloop en hoe vinnig. Van toe af beplan ek my leefstyl rondom watter resies volgende is, waar ons gesin se volgende vakansie gaan wees en of daar ‘n parkrun en CrossFit-sentrum naby is.”

Maar dit was natuurlik in “the good old days” voor die Covid-19-pandemie ingetree het, sê Jullies. Vir veiligheid­shalwe draf sy en haar man Conrad op die oomblik alleen en tussendeur doen hulle ook gereeld CrossFitoe­feninge by ‘n plaaslike sentrum.

CrossFit is ‘n tipe sterkte- en kondisione­ringsoefen­inge wat bestaan uit funksionel­e bewegings soos hurk, trek en voorwerpe stoot wat op ‘n hoë intensitei­tsvlak uitgevoer word.

Jullies weeg tans 70 kg en verduideli­k dat oefeninge en draf nie veel help as jy nie gesonde eetgewoont­es toepas nie.

“Die eerste ding wat ek gedoen net was om gaskoeldra­nk en sap uit te skakel. Op my reis het ek ook baie geleer oor wat goeie styselvoed­sel is. Dit gaan nie net oor shakes of ‘n pil drink en siedaar, daar het jy resultate soos baie mense dink nie. My huisgesin, wat ook hul eie oefenprogr­amme het, is byvoorbeel­d baie lief vir pizza en soetgoed eet, maar dit sien ons meer as ‘n bederf as enige iets anders. Vir my gaan dit om die regte balans te vind gepaardgaa­nde met baie dissipline.”

Op ‘n vraag wat haar raad vir persone is wat ontevrede is met hul lyf, of wat selfs net ‘n bietjie fikser wil word, het Jullies filosofies geantwoord:

“Kry eers jou kop reg. Daar is geen quick fix nie. Maak jou fiksheidre­is jou daaglikse leefstyl, en as jy eers begin moet jy uithou en aanhou!

Verlede Saterdag se toptien tye:

Tarren Jullies -24:43

Francois le Roux- 26:07

Conrad Jullies - 27:43

Annemarie le Roux - 29:37

Abraham Hendricks- 29:57

Bart Saaiman- 30:48

Hildegarde Bruwer- 34:32

Sylvia le Roux- 37:55

Garnett Wicomb- 45:00

Echbert le Roux-57:06

 ?? Foto’s verskaf ?? ‘n ‘Nuwe’ Tarren Jullies in aksie. INLAS: Die foto wat Tarren laat besluit het, tot hier toe, en nie verder nie.
Foto’s verskaf ‘n ‘Nuwe’ Tarren Jullies in aksie. INLAS: Die foto wat Tarren laat besluit het, tot hier toe, en nie verder nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa