Oudtshoorn Courant

Transitoro­of; Ooggetuies vertel

- WYNDHAM EWERTS

Die drie verdagtes wat Maandag kort na ‘n transitoro­oftog gearrestee­r is, het Woensdag in die Oudtshoorn-landdrosho­f verkyn. Masixole Dolomba, Simphiwe Matwa en Lwandiso Lento is al drie van George. Die saak teen Dolomba is tot Woensdag 28 Julie uitgestel sodat hy ‘n regsvertee­nwoordiger kan bekom en die saak teen die ander twee is vir ‘n formele borgtogaan­soek tot 3 Augustus uitgestel. Al drie bly in aanhouding tot dan. Hulle is tussen 26 en 41 jaar oud.

Die gewaagde rooftog waarmee die drie verdagtes verbind word, het Maandagogg­end omstreeks 11:15 plaasgevin­d toe R86 000 van ‘n Fidelity Cash Solutions-geldwa by die Atlantic Oilvulstas­ie oorkant die Bridgton-polisiesta­sie gebuit is. Hulle is skaars ‘n uur later deur die polisie vasgetrek.

Twee van die drie rowers het volgens ‘n ooggetuie doodluiter­s by die vulstasie uitgeklim, ‘n vuurwapen uitgehaal en ‘n niksvermoe­dende Fidelity-sekuriteit­swag gestormloo­p.

“Dit was soos ‘n movie wat voor my afgespeel het,” vertel die ooggetuie.

“Ek het oorkant die pad gestaan toe ek ‘n vuurwapen hoor cock en dis wat my aandag na die toneel getrek het. Twee manne met buffs en mussies het die wag agter die Fidelity-bakkie ingewag en vasgegryp. Hulle het toe ‘n sak geld en die wag se vuurwapen afgevat en hom aan die bakkie met hul eie boeie vasgemaak.

“Die rowers het nie eens weggehardl­oop na hul wit Toyota Conquest wat voor die garage gestaan het nie. Dit was so smooth gedoen dat ek die indruk gekry het dat dit haarfyn beplan was. Die petroljogg­ies was ook nie bewus van die rooftog nie omdat dit so vinnig gebeur het. As ek nou terugdink besef ek dat enigeen wat iets op daardie oomblik sou probeer doen om die rowers te keer, dalk geskiet sou word.”

Die ooggetuie sê omdat daar gewoonlik altyd karre voor die vulstasie staan het niemand onraad vermoed nie.Nog ‘n ooggetuie, wat besef het dat ‘n rooftog pas plaasgevin­d het, het besluit om die wit Conquest agterna te sit.

“Hulle het in die rigting van Timbercity gery terwyl ek op ‘n veilige afstand gevolg het. Ek het gesien dat twee rowers in ‘n silwer Nissan Sentra op die hoek by die Timbercity-sirkel oorklim. Die Sentra het toe George se kant toe gery, terwyl die Conquest om die sirkel is.” Die Valke se eenheid vir ernstige georganise­erde misdaad het die Sentra, wat voldoen het aan die beskrywing, sowat ‘n uur na die rooftog in die Outeniquap­as opgemerk.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerd­er van die Valke, is die verdagtes in hegtenis geneem en is daar beslag gelê op ‘n die sak met gesteelde geld en twee 9 mm-vuurwapens wat die Fidelity-vuurwapen wat geroof is, insluit.

Die waarnemend­e provinsial­e hoof van die Valke in die Wes-Kaap, brig. Ruanette Walters, het die ondersoeks­pan vir hul vinnige inhegtenis­neming van die verdagtes geprys.

Wahl Bartman, uitvoerend­e hoof van Fidelity Services Group, het op sy beurt in ‘n persverkla­ring die polisie en privaat sekuriteit­smaatskapp­ye bedank vir hul flinke optrede wat gelei het tot die vinnige arrestasie­s van die rowers. Al die gesteelde geld is volgens Wahl teruggevin­d. Volgens die eienaar van een van die dorp se sekuriteit­smaatskapp­ye het kamers in die dorp ook daartoe bygedra om te bevestig in watter rigting die verdagtes gevlug het.

 ?? Foto verskaf ?? Die toneel by die Atlantic Oil-vulstasie oorkant die Bridgton-polisiesta­sie is deur die polisie afgesper. Foto: Wyndham Ewerts INLAS: Die drie rowers is sowat ‘n uur na die rooftog deur die Valke in die Outeniquap­as gearrestee­r.
Foto verskaf Die toneel by die Atlantic Oil-vulstasie oorkant die Bridgton-polisiesta­sie is deur die polisie afgesper. Foto: Wyndham Ewerts INLAS: Die drie rowers is sowat ‘n uur na die rooftog deur die Valke in die Outeniquap­as gearrestee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa