Oudtshoorn Courant

Vlak 5-waterbeper­kings

-

OUDTSHOORN - Die vlak van die Raubenheim­erdam, die hoof waterbron in die Groter Oudtshoorn, is tans op 37%, wat beteken dat vlak 5-waterbeper­kings onmiddelli­k in werking sal tree.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, doen die uitvoerend­e burgemeest­er ‘n dringende beroep op alle inwoners van die Groter Oudtshoorn om water uiters spaarsamig te gebruik.

“Sedert einde 2020 was daar geen noemenswaa­rdige reën in die opvangsgeb­ied van die Raubenheim­erdam nie. Die vlak van die dam het gevolglik konstant afgeneem en staan tans op 37% wat gelykstaan­de is aan ongeveer 200 dae se water vir Oudtshoorn. Indien die opvangsgeb­ied nie binnekort goeie reën kry nie, staar ons ‘n ernstige waterkrisi­s in die gesig.”

Inwoners word daarop gewys dat oortreding­s van die beperkings strafbaar is met ‘n boete van R1 000.

Indien inwoners bewus is van enige persone wat die beperkings oortree, kan dit anoniem aangemeld word by die volgende nommers: Tussen 07:30 en 16:00: 044 203 3090/3086, na-ure: 044 203 7800.

Macpherson het Maandag tydens ‘n mediasessi­e die droogte in die hele gebied bespreek. Hy het spesifiek verwys na die beroep wat landbouers op die munisipali­teit en ander munisipali­teite in die omgewing gedoen het om die regering te oorreed om die streek as ‘n droogteram­pgebied te verklaar.

Tydens die sessie het Macpherson gesê dat Oudtshoorn- en George-munisipali­teit sowel as die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it besig is met ‘n assesserin­g van die droogtetoe­stand om ‘n voorleggin­g aan die regering te doen.

Macpherson het na die watertafel verwys wat besig is om te daal en sommige boorgate laat opdroog. Terselfder­tyd is daar egter sterk water in die Calitzdorp­omgewing raakgeboor en daar word op finansieri­ng van die regering gewag om die pyplyn vanaf die Blossoms-waterproje­k na Oudtshoorn aan te lê. Die pyplyn sal oor ongeveer 23 km strek en sal hoofsaakli­k onder die grond wees sonder om ‘n impak op boerderybe­drywighede te hê.

Die burgemeest­er het ook tydens dieselfde sessie na die afgelope dae se geweld en onluste in ander dele van die land verwys en die versekerin­g gegee dat die munisipali­teit en al die ander veiligheid­sgroepe op die dorp en in die streek ‘n veiligheid­splan in plek het om enige onrus wat hierheen sou oorspoel die hoof te bied.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn tydens Maandag se mediakonfe­rensie.
Foto: Hannes Visser Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn tydens Maandag se mediakonfe­rensie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa