Oudtshoorn Courant

Dié twee boere ys nie vir koue nie

- TERESA OPPERMAN

MOLTENO - Aletmari Pretorius, ‘n boervrou van Glen Rock in die Moltenodis­trik, het verlede Vrydagogge­nd reggestaan met haar kamera toe haar man, Louwie, en sy pa, Eben, beide oor die damwal geklouter het om op die bevrore dam te gaan sit.

“Toe ek die temperatuu­r op ons termometer raaklees, het ek besef dat Louwie beslis die kans gaan vat om weer op die bevrore dam te gaan staan. Ek was egter nogal verras toe my skoonpa ook hierdie keer saam opklim,” deel Aletmari mee.

“Louwie het in die verlede ook die ‘groot stap’ geneem om op die bevrore dam te gaan poseer vir foto’s, maar eers nadat hy doodseker gemaak het dat die nagtempera­ture koud genoeg was voordat hy hierdie waagstuk aangepak het.

“Selfs die veldwaters was gevries. Op sy Facebook word ook foto’s vertoon waar hy probeer om op ‘n bevrore bergvoor te stap. Hy ken egter sy storie, want toe die oppervlak begin kraak, het hy dadelik teruggekru­ip na waar die ys nog solied is.

Donderdagn­ag is ‘n minimum temperatuu­r van -16 grade op Glen Rock aangeteken. Daar is al temperatur­e van -19 grade in vorige winters aangeteken.

In die hoërliggen­de plase in die Moltenodis­trik is bevrore bergvore, watergate en fonteindam­me algemeen in die winter. Sommige bly sommer vir ‘n paar dae bevrore.

Ysige koue word ook vir hierdie week in die Moltenober­ge voorspel. Dis ook goed dat die koue kom, want daar is appelboere in die Molteno-distrik wat hierdie koue met groot waardering gade slaan, omdat dit hou die belofte van ‘n baie goeie oes inhou.

 ?? Foto: Aletmari Pretorius ?? Louwie Pretorius (links) en sy pa, Eben Pretorius, lê verlede Vrydagogge­nd om 08:00 rustig op die bevrore damoppervl­ak op hul plaas Glen Rock. Die termometer het op -16 grade gedraai.
Foto: Aletmari Pretorius Louwie Pretorius (links) en sy pa, Eben Pretorius, lê verlede Vrydagogge­nd om 08:00 rustig op die bevrore damoppervl­ak op hul plaas Glen Rock. Die termometer het op -16 grade gedraai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa