Oudtshoorn Courant

R50 000 se dwelms gekry

-

LADISMITH - ‘n 60-jarige man het in die Ladismith-landdrosho­f verskyn na hy die afgelope naweek met dwelms met ‘n straatwaar­de van R50 000 in sy besit gevind is.

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het lede verbonde aan die Ladismith-polisie, ‘n voertuig in Suidstraat, Ladismith, deursoek.

“’n Taxi, wat van Kaapstad na Oudtshoorn onderweg was, is gestop. Die voertuig is deursoek en die polisie het 1 010 Mandraxtab­lette by een van die passasiers gevind. Die persoon is vir handel in dwelms in hegtenis geneem.”

Volgens Spies dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die dwelms vir Oudtshoorn bestem was. In ‘n onverwante voorval het lede van die Uniondale-polisie, Donderdag ook ‘n huis in Lyonville, Uniondale deursoek. “Hulle het op klein hoeveelhed­e tik, dagga en kontant beslag gelê. ‘n 29-jarige man is op aanklag van handel in dwelms in hegtenis geneem.”

Waarnemend­e Eden-gebiedsbev­elvoerder, brig. Phumzile Cetyana, het lede vir die arrestasie­s geloof en hulle bedank vir hulle moeite om dwelms uit die gemeenskap­pe te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa