Oudtshoorn Courant

Hoop op oplossing vir kruising

- HANNES VISSER

OUDTSHOORN - Daar blyk lig in die tonnel te wees ten opsigte van ‘n oplossing vir die gereelde botsings by die kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraa­t.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het gereageer op bekommerde motoriste, inwoners en sakelui se beroep om ‘n oplossing vir die kruising te vind. Sakelui wat besigheids­persele naby die kruising het, het sowat ‘n maand gelede met amptenare van die munisipali­teit oor die kwessie vergader. Tydens die vergaderin­g het die munisipali­teit onderneem om die korrekte kanale te volg en ‘n kenner aan te stel om verkeersvl­oei by die kruising te ondersoek en voorstelle oor beveiligin­g te maak.

Daar is Donderdag bevestig dat Lyners Raadgewend­e Ingenieurs van George aangestel is om die verkeersvl­oei by die kruising en ook vir die gedeelte van Baron van Reedestraa­t tussen Noordstraa­t en Kerkstraat te monitor en voorstelle te maak vir ‘n moontlike oplossing.

Rian Lourens, vervoering­enieurspes­ialis van Lyners, het Donderdagm­iddag verskeie rolspelers by die kruising ontmoet om homself van die probleem te vergewis.

Paul Miller van die munisipali­teit se tegniese afdeling het Lourens aan die sakelui by die kruising voorgestel en hulle gevra om die probleem aan hom te verduideli­k en insette te lewer. Amptenare van die provinsial­e departemen­t van vervoer sowel as Oudtshoorn se verkeersho­of was teenwoordi­g. Volgens Miller het Lyners die opdrag gekry om die verkeersvl­oei by die kruising en na weerskante toe met Baron van Reedestraa­t langs te bestudeer. Lyners is ook gevra om by die skouterrei­n na die aansluitin­g van Parkweg en Rademeyers­traat te kyk waar ook reeds talle ongelukke plaasgevin­d het.

Volgens Lourens gaan hulle studie ten minste agt weke duur waarna hulle voorstelle aan die munisipali­teit sal voorlê. Die voorstelle moet ook deur die munisipali­teit aan die provinsial­e departemen­t van vervoer voorgelê word aangesien Baron van Reedestraa­t ‘n provinsial­e pad is wat deur die munisipali­teit bestuur word.

Volgens Lourens gaan hulle studie ten minste agt weke duur.

 ??  ?? Lede verbonde aan die Oudtshoorn-polisie oorhandig die kos wat hulle gekoop het aan Odin. Foto: Liezl van Niekerk
Lede verbonde aan die Oudtshoorn-polisie oorhandig die kos wat hulle gekoop het aan Odin. Foto: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa