Oudtshoorn Courant

Waarheen met jou geldsake?

-

Teen die agtergrond en onsekerhei­d van verlede week se onluste het Edward Dalton, finasiële beplanner van SFP Wealth (Succesion Financial Planning), die volgende mening wat hy met klante en beleggers in die algemeen deel:

Verlede week se grootskaal­se stroopen plundertog­te deur kriminele laat die vraag; Waarheen nou met jou geldsake? Die plundertog­te was bloot ‘n uitbarstin­g van werklooshe­id en is Zuma as rookskerm vir gebeure gebruik. Dit is nie ‘n eenmalige gebeurteni­s nie, maar die begin van wat ek al lankal voorspel het, met die onvermoë van die land se burgers om ‘n bestaan te voer as gevolg van voorskrift­e en regulasies. Riglyne wat heeltemal teenproduk­tief en nadelig is vir entreprene­urs en multi-nasionale groepe wat maatskappy­e en fabrieke wil vestig om te produseer, werk te skep en ‘n nettouitvo­erland te word. Daar sal dringend gefokus moet word op werkskeppi­ng om hierdie probleem aan te spreek deur ‘n goeie klimaat te skep om groei te bewerkstel­lig. Die probleem word vererger deur die afwesighei­d van effektiewe invloeibeh­eer uit buurlande. Daar moet gefokus word op ‘n sisteem van stel-SuidAfrika-eerste sodat ons hoogs opgeleide kinders wat noodgedwon­ge as gevolg van bemagtigin­gsvereiste­s moes uitwyk buiteland toe, weer kan terugkeer.

Dit bring ons by jou geldsake en waarheen om te gaan.

Onder die huidige omstandigh­ede en klimaat is die beste opsie om beleggings­portefeulj­es so gebalansee­rd as moontlik in verskillen­de bateklasse te diversifis­eer, met ‘n goeie buitelands­e deel as groeikompo­nent. Dit word gedoen deur dit so likied as moontlik te maak deur middel van platforms wat reeds geskep is en vir jou geleenthei­d gee om in alle bateklasse met verskeie fondsbestu­urders te belê. Hiervoor moet jy iemand se diens bekom om te verseker dat jy die beste fondsbestu­urders in hulle bateklasse en mandate gebruik. Die persoon moet kan gewigte skuif in bateklasse met die nodige navorsing namate omstandigh­ede en die omgewing verander en jou op hoogte hou van sy deurdagte redes.

As jy enigsins twyfel oor jou huidige beleggings­portefeulj­e, nader ons gerus vir ‘n tweede opinie en dienste. Dit is ook belangrik om te weet dat ons portefeulj­es skep en bestuur vir die beleggers wat direk in die buiteland wil belê binne die huidige wetgewing met ervare fondsbestu­urders en strukture.

Kontak SFP Wealth by 044 272 3973 of 082 770 0564 en per epos by edward. dalton@sfpwealth.co.za

 ??  ?? Edward Dalton
Edward Dalton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa