Oudtshoorn Courant

Verhoordat­um in Augustus

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - ‘n Nuwe verhoordat­um is in die Oudtshoorn­streekhof bepaal vir die saak teen ‘n man wat teregstaan op aanklagte van poging tot moord, huisbraak, aanranding met die opset om ernstig te beseer en poging om ‘n seksuele daad met ‘n 12-jarige meisie te pleeg.

Andries van Mansdorff (36) het glo op 3 Oktober 2020 by ‘n woning ingebreek. Hy het daarna glo een van die inwoners van die huis met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan en nog ‘n man met ‘n hamer geslaan en probeer om ‘n seksuele daad met die 12-jarige kind te pleeg.

Volgens sy regshulppr­okureur, Wenzel Botha, het die beskuldigd­e aangedui dat hy onskuldig sal pleit op al die aanklagte.

Streekland­dros Ntsoki Moni het die saak vir die begin van die verhoor tot 20 Augustus uitgestel.

Van Mansdorff is sedert sy inhegtenis­neming in Oktober verlede jaar in aanhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa