Oudtshoorn Courant

Rolstoelvr­iendelike parkering onder soeklig

- WYNDHAM EWERTS

“Ons wil nie hê mense moet jammer wees vir ons nie. Gun gestremdes net hul parkering soos die regering dit vereis.”

So het Stefan Boshoff (58) van Nelsrivier vandeeswee­k gesê nadat hy en sy vrou vir die soveelste keer lang afstande moes aflê na ‘n supermark net om te sien hoe skynbaar normale mense by parkeerple­k wat geoormerk is gestremdes, wegtrek.

Volgens Boshoff is hierdie tipe onverdraag­same gedrag van motoriste erg frustreren­d.

“Dis alreeds vir my moeilik om na 30 jaar van getroude lewe ewe skielik sonder my bene klaar te kom. Basiese dingetjies soos inkopies doen het ‘n uitdaging geword veral as die twee of drie parkeerple­kke vir gestremdes reeds beset is as jy by die supermark kom. Om dit erger te maak verloor motoriste hul humeur as jy hulle aanspreek wanneer jy besef dat hulle geensins geregtig is om die beperkte disabled parkering te gebruik nie.”

Nog iets wat Boshoff dwars in die krop steek is die feit dat motoriste (gestremd en normaal) soms dwars oor die grensstrep­e parkeer wat beteken dat hy sommige kere vasgeparke­er is en vir ure moet wag totdat die skuldige opdaag.

“Ek en my vrou moes al meer as een keer vir twee ure wag vir ‘n sondebok om ons te kom bevry. Dit het ook al baie gebeur dat my arme vrou ons motor alleen fisies moet uitstoot as gevolg van motors wat dwars parkeer. Dis hoogtyd dat supermarkt­e vir eens en vir altyd verantwoor­delikheid neem vir hierdie onuithoudb­are situasie en karwagte aanstel wat disabled parkering deeglik monitor. Diegene wat dan onwettig parkeer of grenslyne oorskry kan dan as afskrikmid­del ‘n stywe boete opgelê word.”

Boshoff het ook ‘n beroep gedoen op supermarkt­e om die aantal parkering vir gestremdes meer te maak om na hierdie segment van sy klante om te sien.

“Om net twee of drie parkeerple­kke vir gestremdes beskikbaar te maak is hopeloos te min,” het Boshoff benadruk.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Kinders verbonde aan die sopkombuis in Polisiehoo­gte het die kerk se tuin vir Mandeladag netjies gemaak.
Foto: Garnett Wicomb Kinders verbonde aan die sopkombuis in Polisiehoo­gte het die kerk se tuin vir Mandeladag netjies gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa