Oudtshoorn Courant

Sopkombuis vier Mandeladag

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Kinders van die Polisiehoo­gte-sopkombuis wat deur die Seroux-egpaar, Phillip en Susanna bedryf word, het Sondag ter viering van Mandeladag die tuin van die Gospel Revelation Kerk skoongemaa­k.

Die sopkombuis het in April 2020 in dié kerk begin en sedertdien net van krag tot krag gegaan.

Dit spog vandag met ‘n eie struktuur en ook ‘n nasorgsent­rum.

“Ons is groot dank aan die kerk verskuldig en daarom het ons besluit om ter viering van Mandeladag op ‘n beskeie manier ook dankie te se aan die kerk,” sê Phillip Seroux.

Tans word tussen 80 en 100 kinders en bejaardes elke dag van die week iets by die sopkombuis gegee om te eet danksy mildelike bydraes van verskeie barmhartig­e Samaritane.

Die kinders wat Sondag 67 minute opgeoffer het is Maandag danksy Famsa Karoo vir ‘n uitstappie na die Wilgewande­lvakansiep­laas geneem.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Parkering vir gestremdes onder die soeklig.
Foto: Wyndham Ewerts Parkering vir gestremdes onder die soeklig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa