Oudtshoorn Courant

Harlequins-lid na SA-oefengroep

- WYNDHAM EWERTS

‘n Groot eer het die plaaslike Harlequins Forces-rugbyklub te beurt geval toe een van sy lede, Ziyanda Ngohlekana, onlangs uitgenooi is om die Springbok Vrouewêrel­dbekeroefe­nkamp vanaf 6 tot 20 Augustus by te woon. Ngohlekana wat oorspronkl­ik van die Oos-Kaap is, sê dat sy met die intrapslag dadelik by die Infanterie­skool se Harlequins Forcesrugb­yklub aangesluit het waarna sy later vir die Suid-Kaapse span uitgedraf het.

“My liefde vir die sport het reeds in 2008 begin toe ek in graad 10 was. Dieselfde jaar het ek ook begin om skole- en klubrugby te speel. Een van my mentors, Alfred Kewana, het my talent raakgesien en my genader na ’n skolerugby­toernooi vir dogters. Dis toe dat hy my van sy planne vertel om ‘n klubspan vir vroue te open en dit is daar waar ek rugby ernstig begin opneem het. “

Sedertdien het Ngohlekana by verskeie geleenthed­e provinsial­e rugbyproew­e bygewoon. In 2019 is sy ook as die beste speler van ‘n vrouerugby­toernooi gekies. Kort daarna is Ngohlekana se talent deur die SWD-vrouekeurd­ers geïdentifi­seer waarna sy in die senior SWD-vrouespan opgeneem is.

“Ek wil Harlequins Forces-rugbyklub asook sersant Irvin van Wyk bedank wat my gemotiveer het om hard te werk en toegewyd te bly.”

Kolonel Zola Mbi het namens die Infanterie­skool se personeel gesê dat hy trots is op Ngohlekana se prestasie en dat hy haar alle sterkte met die proewe toewens. Sy boodskap aan haar is: “Die pyn wat jy vandag voel, sal die sterkte wees wat jy môre sal voel.”

 ?? Foto’s verskaf ?? Ngohlekana besig met haar oefenroeti­nes.
Foto’s verskaf Ngohlekana besig met haar oefenroeti­nes.
 ??  ?? Ziyanda Ngohlekana
Ziyanda Ngohlekana
 ??  ?? ‘n Jongman bou spiere.
‘n Jongman bou spiere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa