Oudtshoorn Courant

Inentings nou ook by Mediclinic

-

OUDTSHOORN - Enige lid van die publiek kan nou ook by Mediclinic Klein Karoo aanklop vir inenting. Volgens Hannes Stegmann, algemene bestuurder van die hospitaal het hulle Johnson & Johnson-entstof ontvang en verwelkom hulle enige een, met of sonder mediese fonds, by die inentingsp­erseel.

“Alle mediese fondse betaal vir die Covid19-entstof as deel van Prescribed Minimum Benefits, so die koste word nie van u spaarplan verhaal nie. Vir pasiënte sonder mediese fondse kry ons vergoeding van die staat,” sê Stegmann.

Die inentingsp­erseel is geleë aan die agterkant van die hospitaal. Die tye vir inenting is Maandae tot Donderdae vanaf 07:30 tot15:30 en Vrydae vanaf 07:30 tot 12:00.

Mense moet ‘n identiteit­sdokument saambring asook ‘n mediesefon­dskaart vir diegene wat aan ‘n mediese fonds behoort. Die proses is as volg:

Stap 1: U moet self registreer op die departemen­t van gesondheid se EVDS webwerf https://vaccine.enroll.health.gov. za/#/

Stap 2: EVDS stuur dadelik ‘n SMS om te bevestig dat u geregistre­er is op die stelsel. As u een maal geregistre­er het, bly u op die stelsel.

Stap 3: EVDS stuur ‘n tweede SMS om die fasiliteit, dag, tydgleuf en u spesifieke koeponnomm­er te bevestig. Hierdie proses neem tyd. Indien u dadelik wil kom, bel die hospitaal (044 272 0111 - opsie 2), dan plaas ons u op die waglys.

Stap 4: Mediclinic Klein Karoo stuur ‘n derde SMS om u welkom te heet en waarin daar ‘n skakel sal wees wat u moet voltooi om sodoende u inligting op ons stelsel te kan registreer.

“Voorkeur word gegee aan mense wat ‘n SMS en afspraak het, maar ons help ook instapgeva­lle, indien moontlik, anders help ons u registreer om op ‘n alternatie­we dag te kom,” sê Stegmann.

Hy benadruk dat die Covid-19-entstof die enigste manier is om te keer dat verdere variante vorm en om hierdie pandemie te eindig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa